Mari Mac Donald

Mari Mac Donald is ’n skrywer van liefdesverhale wat lesers se harte met hoop en heling vul. Sy woon tans in Erasmuskloof, Pretoria, maar het haar kinderjare op Wilgenhoutsdrift deurgebring. Daar, tussen klippies, glasstukkies en ’n tas vol prentjies, het haar verbeelding gevorm. Stories was haar manier om moontlikhede uit te toets — al was dit net op papier.

Sy skryf al van kindsbeen af, met haar eerste gediggies in paarrym. Vir Mari is skryf nie ’n aktiwiteit nie, maar ’n roeping. Sy glo dat elke storie onder leiding van die Here geskryf word — van die eerste sin tot die laaste punt. Haar nuutste boek is ’n liefdesverhaal wat bedoel is om jou hart te verander.

Haar lesers beteken vir haar ongelooflik baie. Sy hoop elke leser vind iets herkenbaar — ’n karakter, oomblik of waarheid — wat hoop aanwakker. As jy lees, lees jy met haar saam — en word jou hart sagter.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die hartsreis van Helena Badenhorst

Price range: R99.00 through R299.00

Helena Badenhorst is ‘n foto-joernalis vir Lamp en Lig. Sy ry van dorp tot dorp om foto’s van kerke van groot gemeentes te neem. Sy geniet haar werk, maar die een vraag wat om en om in haar kop maal, het eenvoudig nie ‘n antwoord nie. Haar reis word naby Wilgenhoutsdrift onderbreek. Dit pla haar dat die kerk onooglik is en die predikant haar vrae vermy. Wat het werklik met Brand Naude gebeur?
Brand Naude is ‘n predikant met ‘n verinneweerde gemoed. Hy gaan terug na Wilgenhoutsdrift toe om sin te maak uit chaos waarin hy hom bevind. Terwyl hy probeer om ‘n nuwe rigting in te slaan, verwag ‘n vriend dat hy die een mens op Wilgenhoutsdrift, wat werklik swaarkry moet help. Hoe kan hy ander in nood help as hy hom self nie eers kan help nie?
Die hartsreis van Helena Badenhorst is ‘n grondpad-reis vol duwweltjies en ontdekkings.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page