Helena Badenhorst is ‘n foto-joernalis vir Lamp en Lig. Sy ry van dorp tot dorp om foto’s van kerke van groot gemeentes te neem. Sy geniet haar werk, maar die een vraag wat om en om in haar kop maal, het eenvoudig nie ‘n antwoord nie. Haar reis word naby Wilgenhoutsdrift onderbreek. Dit pla haar dat die kerk onooglik is en die predikant haar vrae vermy. Wat het werklik met Brand Naude gebeur?
Brand Naude is ‘n predikant met ‘n verinneweerde gemoed. Hy gaan terug na Wilgenhoutsdrift toe om sin te maak uit chaos waarin hy hom bevind. Terwyl hy probeer om ‘n nuwe rigting in te slaan, verwag ‘n vriend dat hy die een mens op Wilgenhoutsdrift, wat werklik swaarkry moet help. Hoe kan hy ander in nood help as hy hom self nie eers kan help nie?
Die hartsreis van Helena Badenhorst is ‘n grondpad-reis vol duwweltjies en ontdekkings.
As klawers praat Epub
Price range: R99.00 through R259.00Andreea Bartonelli word in die vroeg 1900’s in Floraans gebore met ’n besondere musiektalent, wat deur haar vader, Bruno, self ’n komponis en musiekonderwyser van vroeg af ontgin word. Sy is wel nie ’n kind wat wil begin praat nie en haar moeder, Carmen, se verwerping en kwetsende woorde mag dalk ’n groot bydrae daartoe hê.Wanneer sy ses is, verlaat haar moeder hulle sonder om haar eers te groet. Haar vader en goewernante, Emma, word haar alles. Om haar aandag van die traumatiese gebeurtenis af te lei, reël Bruno haar eerste optrede nêrens anders nie as in die La Scala, Milaan, Italië.

Reviews
There are no reviews yet.