Mariaan Lamprecht

Mariaan Lamprecht is ’n reisiger in liggaam én gees — iemand wat haarself nie aan ’n plek bind nie, maar aan mense, stories en groei. Sy is ’n geregistreerde berader met ’n privaatpraktyk, én tans die skoolhoof van ’n klein Engelse privaatskool. Nuwe uitdagings trek haar soos ’n magneet en leer is vir haar ’n lewenslange reis.

Mariaan lees gretig en skryf met die doel om ander te laat lag, dink, voel en skep. Sy deel haar lewenservaringe op ’n eerlike en inspirerende manier, nie as motiveringspreker nie, maar as iemand wat al self deur die lewensvure gestap het. Haar stories dra altyd ’n vonk hoop: as sy kon, kan jy ook.

Tale is vir haar ’n passie. Sy praat Afrikaans en Engels, lees Nederlands en Duits, en leer haarself Frans en Noorweegs. Al is die pad vorentoe soms mistig, weet sy uit ervaring — dit gaan ‘n WOW-einde hê.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ons bid laslappies

R139.00

“Op ’n snikhete somersdag, as die middag traag oorgaan in die vroeë aand en daar sak ’n reënbuitjie uit om mens, dier en grond te lawe, en ek voel die koel reëndruppels op my vel, so is gebed vir my.” ’n Eenvoudige en gemaklike samestelling van die belangrikste aspekte rakende gebed, op so ’n wyse dat dit toeganklik is vir enigepersoon van 10 tot 80 jaar oud.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

The living room light is on

Price range: R79.00 through R169.00

I like people and find interest in their experiences. I enjoy reading and there are many things I’d like others to read, partly because I’d like them to laugh and partly because I’d like to encourage them. I am not a motivational speaker, but I can motivate others through my experiences, because if I could, you can. The Living Room Light is on, is a program I created to be able to carry on with my life after my biggest loss.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die sitkamer se lig brand

R169.00

Ek hou van mense en hulle belewenisse. Ek lees graag en ek het baie dinge wat ek graag wil hê andere moet lees, deels om lewenslesse met hul te deel, om hul te laat lag en veral om hulle te laat moet skep. Ek is nie ‘n motiveringspreker nie, maar ek kan andere deur my lewenservaringe motiveer, want as ek kon, dan kan jy. Ek is ‘n reisiger en sal my nooit aan ‘n enkele plek kan bind nie. ‘n Huis is ‘n slaapplek, die wêreld is waar ek wil beweeg.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page