Marius Alberts

"Het ek maar gister alles geweet wat ek vandag weet en vandag alles geweet wat ek môre gaan weet, dan sou die lewe soveel makliker gewees het. Daar is egter ’n positiewe kant aan die hele ding: Om nie te weet nie, maak die reis soveel opwindender!"

Marius Alberts is in Oktober 1963 op die Oos-Rand gebore, in wat hy as Suid-Afrika se mooiste maand beskou. Hy matrikuleer in 1981 aan Hoër Tegniese Skool Benoni en begin in 1982 sy verplegingsopleiding aan Ann Latsky Kollege. Hy behaal ’n Nasionale Diploma in Verpleegkunde en spesialiseer later in Intensiewe Sorg. Sy werk neem hom wêreldwyd, insluitend jare op luukse passasierskepe. Tans werk hy op ’n afgeleë eiland in die Suidelike Stille-Oseaan.

Marius skryf al jare lank en het ’n diepe liefde vir Afrikaans. In 2012 moedig ’n vriendin hom aan om sy werk te deel. Kort daarna ontvang hy positiewe terugvoer op ’n aanlyn skrywersforum. Sy eerste bundels, Skakerings van Grys en Skepe en Klinieke, verskyn in 2013.

Hy lees gemiddeld twee boeke per week en stel veral belang in die Afrikanervolk en antieke geskiedenis. Skilder, tuinmaak en sy drie honde bring hom vreugde. In Calitzdorp, tussen die berge van die Klein Karoo, vind hy rus en inspirasie.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Huisie langs die pad

Price range: R79.00 through R179.00

Hierdie verhaal skets die ervarings van ʼn kind wat die gebeure werklik deurleef het. Name van mense en plekke is verander om te verseker dat dit nooit as ʼn vingerwysing of ʼn aksie teen enige een gebruik kan word nie. Feitlik al die rolspelers in hierdie lewensdrama is nou al die ewigheid in. Ek bid dat hulle almal genade gevind het en hul saak met Vader reggemaak het voor hulle hierdie lewe verlaat het. Mag hierdie vertellings daartoe bydra dat dit wat hier beskryf word, nooit weer met enige ander kind gebeur nie. Kinders is weerloos. Hulle is onskuldig. Hulle behoort aan die Vader. Wee die een wat sy hand in haat, nyd of woede teen ʼn kind sou lig. Dit sal nie ongesiens en ongestraf verbygaan nie. Hier kom sekerlik die waarheid wat ons in die Woord leer, naamlik dat die wraak ons nie toekom nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

The wayside cottage

Price range: R79.00 through R179.00

This account outlines the experiences of a boy who lived through these events. Names of people and places have been changed to ensure that it can never be used as a reference to, or action against anyone. Almost all the actors in this drama are now in eternity. I pray that they all found mercy and settled their cases with Father before they left this life. May these narratives as sketched here, contribute to preventing it from happening to any other child. Children are defenceless. They are innocent. They belong to the Father. Woe to him who would lift his hand against a child in hatred, envy or anger.
It will neither pass unnoticed nor unpunished. Here surely comes the truth which we learn from Scripture, namely to never take revenge.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page