Price range: R79.00 through R179.00

Huisie langs die pad

Hierdie verhaal skets die ervarings van ʼn kind wat die gebeure werklik deurleef het. Name van mense en plekke is verander om te verseker dat dit nooit as ʼn vingerwysing of ʼn aksie teen enige een gebruik kan word nie. Feitlik al die rolspelers in hierdie lewensdrama is nou al die ewigheid in. Ek bid dat hulle almal genade gevind het en hul saak met Vader reggemaak het voor hulle hierdie lewe verlaat het. Mag hierdie vertellings daartoe bydra dat dit wat hier beskryf word, nooit weer met enige ander kind gebeur nie. Kinders is weerloos. Hulle is onskuldig. Hulle behoort aan die Vader. Wee die een wat sy hand in haat, nyd of woede teen ʼn kind sou lig. Dit sal nie ongesiens en ongestraf verbygaan nie. Hier kom sekerlik die waarheid wat ons in die Woord leer, naamlik dat die wraak ons nie toekom nie.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
Afrikaans
Clear
978-1-92851-370-4 121 2020-08-29 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

"Het ek maar gister alles geweet wat ek vandag weet en vandag alles geweet wat ek môre gaan weet, dan sou die lewe soveel makliker gewees het. Daar is egter ’n positiewe kant aan die hele ding: Om nie te weet nie, maak die reis soveel opwindender!"

Hierdie verhaal skets die ervarings van ʼn kind wat die gebeure werklik deurleef het. Name van mense en plekke is verander om te verseker dat dit nooit as ʼn vingerwysing of ʼn aksie teen enige een gebruik kan word nie. Feitlik al die rolspelers in hierdie lewensdrama is nou al die ewigheid in. Ek bid dat hulle almal genade gevind het en hul saak met Vader reggemaak het voor hulle hierdie lewe verlaat het.
Hierdie gebeure het afgespeel so teen die einde van die Vyftiger jare, deur die Sestigs en die Sewentigs. Van hierdie plattelandse plekke was ver van die stede af en baie van die ouer garde was erg weerstandbiedend teen moderne vervoer middels en implemente. Dan was vele van hulle natuurlik ook steeds baie tradisie vas. Sommiges het wel elektriese toestelle gehad, maar dit soms net eenvoudig nie gebruik nie. Perdekarre was nog algemeen. Al het meeste van die meer gegoede mense reeds motor voertuie besit.
Mag hierdie vertellings daartoe bydra dat dit wat hier beskryf word, nooit weer met enige ander kind gebeur nie. Kinders is weerloos. Hulle is onskuldig. Hulle behoort aan die Vader. Wee die een wat sy hand in haat, nyd of woede teen ʼn kind sou lig. Dit sal nie ongesiens en ongestraf verbygaan nie. Hier kom sekerlik die waarheid wat ons in die Woord leer, naamlik dat die wraak ons nie toekom nie.

 

Book Type

, ,

Age Group

Language

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Huisie langs die pad”