Marius Nigrini

Marius Nigrini is op 26 April 1974 in die Vrystaatse dorpie Winburg gebore. Tot op sewejarige ouderdom het hy saam met sy gesin naby die Sandveld-Skema gewoon, waar sy vader by die Departement van Waterwese gewerk het. Ná sy vader se dood het hy na Bloemfontein verhuis en later sy hoërskoolloopbaan in Winburg voltooi. Van 2000 tot 2015 het hy by ’n prokureursfirma in Bloemfontein gewerk. In 2001 het dokters by hom Ankiloserende Spondilitis gediagnoseer, wat sy beweging beperk. Voor dié tyd het hy gereeld staproetes aangedurf en verskeie SANParke besoek—’n liefde vir die natuur wat steeds sterk deur sy skryfwerk vloei. Marius woon tans in Upington, leef ongetroud en verkies ’n rustige, introspektiewe bestaan. Sy siekte en sy diepe verbintenis met die natuur vorm die kern van sy digkuns. Hy put inspirasie uit digters soos Totius en Antjie Krog, en ondersteun graag jong opkomende stemme.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

As blare val en bloei

R199.00

“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page