“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur. Sterk beelde lei tot ‘n dieper insig en word as ‘n eenheid aangebied. Die titel dui nie net daarop dat die natuur onderworpe is aan seisoene en verganklikheid nie, maar dat die mens aan dieselfde beginsels onderwerp word en dat een seisoen soms langer duur as ‘n ander. Kenmerke wat duidelik op die voorgrond tree, is die digter se donker wroegings, verlange en liggaamlike pyn. Sterk sintuiglike beelde sal die leser telkemaal verras en op reis neem vanaf die eerste tot die laaste vers in die digbundel.
“Dan sal ek vra: verstaan jy die rower van tydmet moeë bene en konflik – die ego wat verslinddie eufemisme van isolasie in ‘n veragte bloedmarkvan koud en verlatenheid, kaalte tussen nêrens”(Uittreksel uit: Bewaker vir my siel)
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2025
Price range: R99.00 through R319.00Die Nuwe Era Groot Verseboek 2025 bring ’n kaleidoskoop van Afrikaanse digkuns byeen – van gevestigde stemme tot vars nuwe talent. Hierdie ryk en veelstemmige versameling bied ’n uitsonderlike blik op die siel van ’n volk in gesprek met sy verlede, hede en toekoms. Die bundel bevat liriek wat wissel van die introspektiewe en spirituele, tot die sosiaal-bewuste, satiriese en selfs eksperimentele. Temas soos liefde, verlies, geloof, identiteit, taal en die natuur word met vars verbeelding en opregte emosie verken. Of jy ’n digkunsliefhebber is of nuut aan die genre, Die Nuwe Era Groot Verseboek 2025 sal jou laat stilstaan, nadink en dalk selfs weer laat droom.

Reviews
There are no reviews yet.