Marshin Cupido

Marshin Cupido is ’n jong, talentvolle filmmaker, digter en skrywer van Paarl in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Hy het nasionale aandag getrek toe hy op slegs 20-jarige ouderdom die speelfilm Die SMS geskryf en geregisseer het — en daarmee die titel van Suid-Afrika se jongste speelfilmregisseur verwerf het. Sy werk word gekenmerk deur ’n sterk narratiewe stem, ’n liefde vir taal, en ’n passie vir die vertelling van eg Suid-Afrikaanse stories.

In 2021 word sy eerste digbundel Yt My Oeg gepubliseer deur Malherbe uitgewers en in 2023 sluit hy as draaiboekskrywer aan by Suidooster, `n gewilde Kyknet Sepie.

In 2024 het Cupido die psigologiese riller Hydan bekendgestel, wat binne slegs agt dae verfilm is. Die film ondersoek morele kompleksiteite en is 'n bewys van sy kreatiewe doeltreffendheid en tegniese vaardigheid. Buiten film, is Cupido ook ’n toegewyde digter. Sy poësie reflekteer dikwels temas van identiteit, jeugervaringe en gemeenskap — en hy deel dit gereeld op openbare platforms en aanlyn.

Cupido se werk spreek tot die belewenisse van jong mense in die hedendaagse Suid-Afrika. Met sy veelsydige talent en toewyding tot storievertelling, is hy besig om homself as ’n vars en belangrike stem in die plaaslike kuns- en kultuurtoneel te vestig.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Yt my oeg

R119.00

Yt My Oeg handel oor die alledaagse dinge wat ons as mens ervaar in ons persoonlike lewens sowel as in ons liefdeslewe. Dis nie ‘n mooi-woorde tipe bundel wat net heuning om die lesers se monde wil smeer nie. Hierdie bundel sal jou laat bietjie self ondersoek – dit sal jou laat dink oor wat regtig belangrik is in die lewe en ook wat eintlik die klein dingetjies is wat saak maak in jou liefdeslewe. Dit is geskryf in die Afri-Kaapse skryfstyl waar ek gebruik maak van digterlike vryheid maar die gedigte is universeel en geloofwaardig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page