Yt My Oeg handel oor die alledaagse dinge wat ons as mens ervaar in ons persoonlike lewens sowel as in ons liefdeslewe. Dis nie ‘n mooi-woorde tipe bundel wat net heuning om die lesers se monde wil smeer nie. Hierdie bundel sal jou laat bietjie self ondersoek – dit sal jou laat dink oor wat regtig belangrik is in die lewe en ook wat eintlik die klein dingetjies is wat saak maak in jou liefdeslewe. Dit is geskryf in die Afri-Kaapse skryfstyl waar ek gebruik maak van digterlike vryheid maar die gedigte is universeel en geloofwaardig. Daar is n ietsie in vir almal. Dit spreek kwessies aan soos hoe mense verander as hulle bo uitkom, hoe families baklei oor erfgoed, wat eintlik belangrik is in ʼn verhouding, hoe mans ook seerkry in verhoudinge maar daaroor word nooit gepraat nie, hoe die keuses wat jy vandag maak jou môre kan verbeter of vertraag, waarnatoe die sogenaamde “streetlife” ons jongmense kan lei…Marshin raak aan topics wat daar nie sommer al aangeraak was nie. Daar is iets in vir elke Suid Afrikaner!
Spore
R279.00Spore wat ons trap, spore agtergelaat, spore teen ʼn Namib rooiduin se sandspore teen die rante van Namakwalandspore oor die son, sterre en maan, spore van die liefde agtergelaat en oor sovele ander dinge wat sovele sal verstaan, spore in die nagspore in die dag spore regoor die Namib ook oor Namakwaland oor die gemsbok en die blommeprag. Al hierdie spore en meer het ek getrap, kom stap nou saam op my spore en vind dalk jou eie daar …

Reviews
There are no reviews yet.