Miko van der Graaff

Miko van der Graaff het in die stowwerigheid van Noordwes groot geword waar drome van stories lewe kleure gegee het. Sy skryf sedert haar kinderdae stories en gedigte in plaas van meer praktiese dinge doen. Haar werk as navorser is soms bloot te hard en maak dit nodig vir haar om te kan ontsnap na ʼn wêreld vol mooi stories. Sy woon in Pretoria saam met haar twee katte en kies al hoe meer om onprakties te leef.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Madeliefie en die Rockstar (Groot Druk)

Price range: R109.00 through R309.00

Hierdie hartroerende romanse begin wanneer Nienke besluit om haar April-vakansie by haar geliefde oom deur te bring, bekommerd oor sy skielike en vreemde gedrag. Min weet sy dat haar besoek ‘n selfbehepte sanger, Lukas, in haar oom se huis en lewe sal ontbloot, en totale chaos sal veroorsaak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Madeliefie en die Rockstar

Price range: R99.00 through R219.00

Hierdie hartverblydende romanse sal jou die een oomblik laat lag en die volgende oomblik laat trane afvee. Nienke is bekommerd oor haar geliefde oom wat skielik vreemd begin optree. Sy besluit om haar April-vakansie saam met hom deur te bring. Min weet sy dat haar besoek chaos gaan saai. ’n Selfbehepte sanger, het homself tuisgemaak in haar oom se huis en lewe. Maar om haar oom te help, belowe sy om die arrogante Lukas, wat sy nie kan verdra nie, ‘n kans te gee om aan haar te bewys dat hy homself nie by haar oom ingewurm het vir eie gewin nie. Lukas werk hom vinnig in haar hart in. Dinge neem egter ’n wending wanneer Nienke eerstehands die glans en glorie van Lukas se wêreld ervaar. Sy ontdek vinnig dat dit nie die soort plek is waar ‘n skaam madeliefie kan floreer nie. Sal hul verskille te groot wees om ‘n gelukkige einde te hê?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page