Naadiah Charles

Naadiah Charles, 'n skrywer van De Aar in die Noord-Kaap, skryf fiksie en niefiksie, met 'n besondere liefde vir romanza en spanningsverhale. Haar passie vir die geskrewe woord het reeds in graad sewe begin met haar drama, "Die inbraak by Susanna." Alhoewel publikasie-geleenthede in haar tuisdorp soms 'n uitdaging bied, beïnvloed dit nie haar skryfwerk nie.

Naadiah skryf onder meer oor aangrypende lewensveranderinge en die belangrikheid van ondersteuning, soos gesien in haar roman oor 'n hoofkarakter wat 'n leukemie-diagnose ontvang en na haar ma se huis terugkeer. Sy waardeer haar lesers diep, want hul ondersteuning motiveer haar om voort te gaan. Naadiah werk tans aan 'n geestelike bundel en spandeer haar vrye tyd graag saam met familie en vriende, besig in die kombuis, waar sy daarvan hou om "die snaakste konkoksies" te probeer. Haar gunsteling skrywers sluit Willie Martin, Ena Murray, en Deon Meyer in.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Beplande Wraak

Price range: R39.00 through R139.00

Dit voel vir Alex asof ‘n trein haar tref. Haar wind word van agteraf uitgeslaan terwyl ‘n growwe hand haar mond styf toedruk. Sy ruik ‘n mengsel van alkohol en sigarette tussen vrot asem-teue, maar die besef dat dit wat nou aan’t gebeur is dring nie tot haar deur nie.
Alexandra maak laatmiddag haar oë in die Louis Pasteur Hospitaal oop. Alles aan haar pyn. Binne en buite haar liggaam. Haar hand reik stadig na daar waar dit die seerste is; die sagte plekkie wat ‘n vrou bêre vir haar geliefde…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page