Dit voel vir Alex asof ‘n trein haar tref. Haar wind word van agteraf uitgeslaan terwyl ‘n growwe hand haar mond styf toedruk. Sy ruik ‘n mengsel van alkohol en sigarette tussen vrot asemteue, maar die besef dat dit wat nou aan’t gebeur is dring nie tot haar deur nie.
Alexandra maak laatmiddag haar oë in die Louis Pasteur Hospitaal oop. Alles aan haar pyn. Binne en buite haar liggaam. Haar hand reik stadig na daar waar dit die seerste is; die sagte plekkie wat ‘n vrou bêre vir haar geliefde…
Hoefslag van my hart
Price range: R89.00 through R199.00Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Reviews
There are no reviews yet.