Natalie Claasen

Natalie Claasen het in 2023 aan die hoërskool gematrikuleer, maar haar skrywersreis het reeds in 2019 begin toe sy haar gevoelens begin neerskryf het. Sedertdien gebruik sy woorde om sin te maak van die wêreld rondom haar. Interaksie met verskillende mense en lewensomstandighede speel ’n groot rol in haar inspirasie – sy haal kreatiewe energie uit ander se stories, sowel as haar eie ervarings. Skryf is nie bloot ’n stokperdjie vir Natalie nie; dit is haar passie en haar manier om emosie, hoop en waarheid vas te vang. Sy glo vas dat geen lewensomstandigheid jou bestemming hoef te bepaal nie. Hierdie lewensmotto dra sy deur haar werk, waar sy temas van deursettingsvermoë, identiteit en innerlike krag ondersoek. Natalie skryf omdat sy glo dat woorde mense kan genees, verbind en aanmoedig om hul eie stem te vind – nes sy hare op papier gevind het.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Eggo’s van my Hart

R139.00

Eggo’s van my Hart is ’n ontbloting van die siel. Dié bundel eggo met rou emosies – van verlange tot verlies, van woede tot weerbaarheid. Elke gedig is ’n stil skreeu, ’n stukkie van ’n hart wat probeer verstaan, verwerk en heel word. In eenvoudige, eerlike taal neem die digter jou op ’n reis deur donker kamers, woedende storms, verlore liefde en die stilte ná die pyn. Tog is daar tussen die trane, ’n ligstraaltjie – ’n fluistering van hoop, ‘n klein eggo van genesing.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page