Eggo’s van my Hart is ’n ontbloting van die siel. Dié bundel eggo met rou emosies – van verlange tot verlies, van woede tot weerbaarheid. Elke gedig is ’n stil skreeu, ’n stukkie van ’n hart wat probeer verstaan, verwerk en heel word. In eenvoudige, eerlike taal neem die digter jou op ’n reis deur donker kamers, woedende storms, verlore liefde en die stilte ná die pyn. Tog is daar tussen die trane, ’n ligstraaltjie – ’n fluistering van hoop, ‘n klein eggo van genesing.
Die nuwe era groot verseboek 2020
Price range: R99.00 through R399.00So met die tyd saam, het die idee van ‘n nuwe Groot Verseboek ontstaan. Ons Groot Meesters was die baanbrekers wat gelei het dat daar vandag meer en meer nuwe digters na vore kom. En ek glo dat hierdie verseboek die brug vorm tussen die Groot Meesters en vandag se digters wat ‘n ander vorm van poësie aan ons bring.
Hierdie is ‘n bundel wat spreek van 38 digters se uitkyk op die lewe, jeugjare, die besef van sterflikheid, speel met woorde, sosio-politiese kwessies, die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die self en die mens, en die impak en waarde wat woorde op die mens het. Mag die digkuns ewig voortleef in ons harte en deur ons pen.
Samesteller: Heleen Malherbe
