Huwelik op kontrak
Price range: R89.00 through R209.00Ricardo is lewenslustig. Baie geld, vinnige motors en maklike meisies is al waarom sy lewe draai. Charles, sy pa, gaan dit nie langer duld nie. Hy stel ʼn ultimatum; Ricardo moet met sy jare lange vriend se dogter trou, of hy word onterf en verbeur ook die kans om ’n vennoot te word in die besigheid.
Vir Ricardo is dit moeilik om te aanvaar dat hy met ’n vrou moet trou van wie hy nie eers hou nie, boonop kom sy uit ʼn lae klas huishouding. As hy kon kies, sou hy met iemand soos Bailey trou. Sy is die perfekte sekretaresse wat sy aandag ten volle kan behou, maar sy is net afleiding. Afleiding wat hom gou in die moeilikheid laat beland.
