Natasha Nilson

Natasha Nilson is in Bethlehem gebore en het in Pretoria grootgeword. Op die ouderdom van dertien het sy saam met haar ouers na Senekal verhuis. Dié Vrystaatse dorpie het intussen haar tuiste geword. Sy het op een-en-twintig haar eerste manuskrip begin skryf en op drie-en-dertig haar eerste roman gepubliseer. Haar gunstelinggenres is romans en hygromans.

Lees het vir Natasha die poorte na verbeelding oopgemaak. Op twee-en-twintig het sy besef dat boeke haar na ’n ander wêreld neem – ’n wêreld vol inspirasie. Skryf bring haar vrede en fokus. Sy sien dit as ’n manier om ander te laat glimlag en hoop te bring. Met dankbaarheid gebruik sy die talent waarmee God haar geseën het. Natasha streef daarna om elke storie betekenisvol, eg en vol emosie te maak.

Author's books

Huwelik op Kontrak (Groot Druk)

R289.00

Ricardo Basson het alles wat geld kan koop – status, luukse motors, ’n ongenaakbare reputasie en ’n lewe sonder
verantwoordelikhede. Tot sy pa ’n besluit neem wat sy wêreld ruk: hy móét trou. En nie net met enige vrou nie, maar met
Clarissa Lötter – ’n saggeaarde, nederige meisie uit ’n eenvoudige bestaan, wat jare lank net van ’n beter lewe kon
droom. Vir Clarissa is die huwelik haar kans om veiligheid en ’n toekoms vir haar en haar pa te skep. Vir Ricardo is
dit ’n ketting wat hom bind aan ’n vrou wat hy skaars ken… of wil ken.

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Huwelik op kontrak

Price range: R89.00 through R209.00

Ricardo is lewenslustig. Baie geld, vinnige motors en maklike meisies is al waarom sy lewe draai. Charles, sy pa, gaan dit nie langer duld nie. Hy stel ʼn ultimatum; Ricardo moet met sy jare lange vriend se dogter trou, of hy word onterf en verbeur ook die kans om ’n vennoot te word in die besigheid.
Vir Ricardo is dit moeilik om te aanvaar dat hy met ’n vrou moet trou van wie hy nie eers hou nie, boonop kom sy uit ʼn lae klas huishouding. As hy kon kies, sou hy met iemand soos Bailey trou. Sy is die perfekte sekretaresse wat sy aandag ten volle kan behou, maar sy is net afleiding. Afleiding wat hom gou in die moeilikheid laat beland.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page