Ricardo Basson het alles wat geld kan koop – status, luukse motors, ’n ongenaakbare reputasie en ’n lewe sonder
verantwoordelikhede. Tot sy pa ’n besluit neem wat sy wêreld ruk: hy móét trou. En nie net met enige vrou nie, maar met
Clarissa Lötter – ’n saggeaarde, nederige meisie uit ’n eenvoudige bestaan, wat jare lank net van ’n beter lewe kon
droom. Vir Clarissa is die huwelik haar kans om veiligheid en ’n toekoms vir haar en haar pa te skep. Vir Ricardo is
dit ’n ketting wat hom bind aan ’n vrou wat hy skaars ken… of wil ken. Maar toe omstandighede, familiegeheime en
onverwagse broosheid die twee nader aan mekaar dwing, begin hul geforseerde verbintenis barste wys – nie van verwerping
nie, maar van iets dieper, iets wat selfs Ricardo nie kan ontken nie. Kan ’n kontrak ooit plek maak vir ware liefde, of
sal trots, pyn en verlede hul toekoms onherstelbaar breek?
Huwelik op kontrak
Price range: R89.00 through R209.00Ricardo is lewenslustig. Baie geld, vinnige motors en maklike meisies is al waarom sy lewe draai. Charles, sy pa, gaan dit nie langer duld nie. Hy stel ʼn ultimatum; Ricardo moet met sy jare lange vriend se dogter trou, of hy word onterf en verbeur ook die kans om ’n vennoot te word in die besigheid.
Vir Ricardo is dit moeilik om te aanvaar dat hy met ’n vrou moet trou van wie hy nie eers hou nie, boonop kom sy uit ʼn lae klas huishouding. As hy kon kies, sou hy met iemand soos Bailey trou. Sy is die perfekte sekretaresse wat sy aandag ten volle kan behou, maar sy is net afleiding. Afleiding wat hom gou in die moeilikheid laat beland.

Reviews
There are no reviews yet.