Phillip Kotze

Phillip Kotze, gebore op 2 November 1958 in die dorpie Adelaide in die Oos-Kaap, is van kleins af ’n dromer en het reeds op skool sy liefde vir woorde ontdek. Hy matrikuleer aan Hoërskool DF Malan en studeer daarna kuns aan die Bloemfontein Tegniese Kollege, later bekend as die Sentrale Universiteit van Tegnologie. In 1982 vertrek hy na Wenen, Oostenryk, om sy sangstudies voort te sit en vestig hom later as operasanger in Suid-Afrika. Saam met sy destydse vrou, Ella, verower hulle harte as die sangpaar Phillip en Ella, met verskeie Afrikaanse musiektreffers.

Sy pad as skrywer begin by OFM, waar hy daaglikse oordenkings vir uitsending skryf. Hierdie skryftalent lei tot die publikasie van die dagboek Duet vir die lewe deur Lux Verbi in 2002. Daarna volg onder andere ’n Nuwe begin en die CD-reekse Raak stil en Kan die ware jy asseblief opstaan?. Phillip tree steeds op, en as stemafrigter in Pretoria deel hy sy passie vir musiek en geloof met jong sangers en gehore regoor die land.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Legkaart van my Lewe

Price range: R79.00 through R199.00

Elke mens se lewe is ‘n legkaart, een wat jy jou hele lewe lank aanmekaar sit. Tog is die finale prentjie dikwels nie wat jy oorspronklik voorgestel het nie. Trouens, jy sien die prentjie heeltemal anders as ander mense. Dit is omdat jy te besig is om die stukkies te soek en in te pas wat uiteindelik jou prentjie aan die wêreld sal wys.
Die leser hiervan sal met sekere verhale kan identifiseer, en ander dalk nie. Maar die leser sal die lewe deur my oë sien, en was my lewe nie kleurvol nie? Een ding wat ek in die lewe moes leer, is dat swart ook ‘n kleur is. Die donker dae en nagte is noodsaaklik as kontras vir die helder sonskyndae, en dae van rou en weemoed…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page