Elke mens se lewe is ‘n legkaart, een wat jy jou hele lewe lank aanmekaar sit. Tog is die finale prentjie dikwels nie wat jy oorspronklik voorgestel het nie. Trouens, jy sien die prentjie heeltemal anders as ander mense. Dit is omdat jy te besig is om die stukkies te soek en in te pas wat uiteindelik jou prentjie aan die wêreld sal wys.
Die leser hiervan sal met sekere verhale kan identifiseer, en ander dalk nie. Maar die leser sal die lewe deur my oë sien, en was my lewe nie kleurvol nie? Een ding wat ek in die lewe moes leer, is dat swart ook ‘n kleur is. Die donker dae en nagte is noodsaaklik as kontras vir die helder sonskyndae, en dae van rou en weemoed…
Verhale wat reik na die Ewigheid
Price range: R89.00 through R279.00Verhale wat reik na die Ewigheid is ‘n inspirerende bundel van geestelike liedere, getuienisse en die lewens van geloofshelde soos Martin Luther, Corrie ten Boom en Billy Graham — ‘n hartlike uitnodiging om weer te glo en jou hart te rig op dit wat werklik saak maak.

Reviews
There are no reviews yet.