Riana Crafford

Ek is gebore in Johannesburg, kort daarna verhuis en grootgeword as Kalaharikind langs die benede Oranje.
Maatskaplik studeer op Wellington, was 'n paar jaar werksaam in Pretoria, waar ek ook as model en Internasionale beoordelaar gewerk het by Cleopatra Internasionaal. Vestig my daarna in die Bosveld vir 'n aantal jaar terwyl ek my eie modelskool gevestig het.
Studeer teologie deur die Universiteit van Calvary.

Maak die groot skuif na die Wes Kaap waar ek as sendeling werk vir die NG Kerk. In hierdie tydperk het ek ook my eie Bediening gevestig, Institute for Life Skills Development, 'n studieboek geskryf oor Lewensvaardigheid wat vertaal is in Engels en Xhosa. Saam met Departement Landbou hande gevat en ontwikkeling gebring het op plase in hierdie verband. Baie uitreik aksies gelei saam met Operasie Mobilisasie van Amerika en ook Pastorale Berading gedoen. Die menslike psige lê my baie na aan die hart, huwelike, verslaafdes, enkelouers en kinders lê gebroke langs die paaie van die lewe.

Skryf en dig was van jongs af 'n passie vir my, so ook skilder, skets, musiek, fotografie en dans. As gevolg van my Teologiese loopbaan is die kunste beslis op die agterbaan geskuif. Die laaste paar jaar het ek my egter weer grootliks begin toelê op die digkuns. Die natuur is in my bloed en geniet ek dit om my lesers weg te voer na al die lieflike areas in ons land, maar ook na die argitektoniese wonders en prag van ander wêreld dele. Van my gedigte is opgeneem in 5 verskillende digbundels uitgee deur Malherbe Uitgewers die afgelope 6 maande: Feminite, Stap saam deur 2021 bundel 1 & 2, Die Nuwe Era Groot Verseboek van 2022, Lewende Water en Inkspraak3 uitgegee deur INK skryf in Afrikaans.

Daar's eens deur 'n digter geskryf, ''as jy die voorreg het om deur 'n digter bemin te word, sal jou naam verewig voort bestaan'', gewis is dit so dat liefde en seer deur alle digters besing en betreur word, mag ons pennevrug vir die geslagte na ons behoue bly.

Author's books

Bakhandstories

R209.00

Bakhandstories is ‘n versameling van gedigte, kort stories en satires van vier skrywers wat jou neem op ‘n kreatiewe Damakustog deur die hoogtes en pleine van die menslike psige. Hulle pluk sterre uit die kosmos en wys die leser die omvangrykheid van die mens se denkvermoë, selfs verby ruimte en tyd. Die skrywer neem jou op ‘n binne-menslike epiese tog van liefhê, verlies, donker, lig en lag, want dis deel van lewe. Op selfsoortgelyke wyse as die Skepper, poog die skrywers om die leser in te trek in ‘n wêreld van orde en chaos en aan te moedig om die balans te vind tussen hierdie twee fundamentele prinsiepe van ons menslike realiteit.