Bakhandstories is ‘n versameling van gedigte, kort stories en satires van vier skrywers wat jou neem op ‘n kreatiewe Damakustog deur die hoogtes en pleine van die menslike psige. Dit is gemik daarop om die leser daarop te wys dat daar ‘n domein is, ver van dit wat hulle van weet of verstaan. As kreatiewe wese het die mens, by name die skrywer en digter die vermoë, om op ‘n diep filosofiese manier te kyk na die lewe en dit om te sit in ‘n tapiserie van lig, donker en lewe. Hulle pluk sterre uit die kosmos en wys die leser die omvangrykheid van die mens se denkvermoë, selfs verby ruimte en tyd. Die skrywer neem jou op ‘n binne-menslike epiese tog van liefhê, verlies, donker, lig en lag, want dis deel van lewe. Op selfsoortgelyke wyse as die Skepper, poog die skrywers om die leser in te trek in ‘n wêreld van orde en chaos en aan te moedig om die balans te vind tussen hierdie twee fundamentele prinsiepe van ons menslike realiteit.
Stukkies van my hart
R139.00ʼn Christelike bundel met ʼn tikkie liefde
Stukkies van my hart is geskryf oor ’n tydperk in Lena Olwage se lewe na die dood van haar ouers en haar bekering.
Die gedigte handel oor die kruisiging, opstanding, haar grootwordjare asook haar ouers en weeskinders, hoewel sy nooit ’n weeskind was nie.
Die doel van die bundel is om haar ervaringe te deel en terselfdertyd vir die leser berusting te bring.

Reviews
There are no reviews yet.