Rievkah Boardman

Rievkah Boardman is in Potchefstroom gebore en woon al haar hele lewe lank daar. Sy is die oudste van drie susters en het van kleins af ’n liefde vir katte, wat ook die inspirasie vir haar eerste boek was. Haar kat is ’n konstante metgesel en speel ’n belangrike rol in haar kreatiewe proses. Buiten haar belangstelling in skryf, geniet sy akademiese uitdagings en leer sy ook op haar eie Koreaans aan.

In haar af-tye gee sy uiting aan haar kreatiwiteit deur stories te skryf wat jong lesers vermaak en aan die dink sit. Sy benader haar werk met toewyding, verbeelding en ’n sterk sin vir detail. Skryf bied vir haar nie net plesier nie, maar ook ’n manier om emosie en verbeelding saam te weef in betekenisvolle verhale.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Katte met kolle

Price range: R99.00 through R179.00

Die wit kat met swart kolle en haar huismaat, die swart kat met wit kolle, is in die bevoorregte posisie om in die Eerste Minister van Brittanje se huis te bly saam met sy vrou en twee kinders, Sindy en Chris.  Sindy is lief vir hierdie twee katte, Tinki en Bella, en spandeer soveel as moontlik tyd saam met hulle. Chris, aan die anderkant, hou weer eerder daarvan om in sy vrye tyd te eksperimenteer met sy hamster. Ná ‘n inbraak by die plaaslike katspeelgoedwinkel, sou Tinki en Bella nooit kon raai hoeveel naelbyt-avonture hul sou beleef saam met hul twee straatkat-vriende, JJ en Chiepi, nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page