Die wit kat met swart kolle en haar huismaat, die swart kat met wit kolle, is in die bevoorregte posisie om in die Eerste Minister van Brittanje se huis te bly saam met sy vrou en twee kinders, Sindy en Chris. Sindy is lief vir hierdie twee katte, Tinki en Bella, en spandeer soveel as moontlik tyd saam met hulle. Chris, aan die anderkant, hou weer eerder daarvan om in sy vrye tyd te eksperimenteer met sy hamster.
Ná ‘n inbraak by die plaaslike katspeelgoedwinkel, sou Tinki en Bella nooit kon raai hoeveel naelbyt-avonture hul sou beleef saam met hul twee straatkat-vriende, JJ en Chiepi, nie. Bella wou dan só graag haar spaargeldjies gaan uitgee het by die speelgoedwinkel, maar dit sou beteken dat die diewe eers vasgetrek moes word, want ‘gewone’ diewe was dit beslis nie!
Sou die vier doodgewone katte, na vele ontberings en noue ontkominge, die raaisel van die inbraak kon ontrafel en die diewe aan die kaak stel?
Xandri se avonture
R129.00Maats, kom deel in Xandri se atletiek-avonture en gaan saam met haar op haar avontuur-reis en leer ‘n waardevolle les om vreemdelinge nie te vertrou nie. Maak saam met haar nuwe maats met Sepie die seeperdjie en Dolfie die dolfyn wat haar red uit die monster-tande van Herman Haai.
Kom kleur jou verbeelding in met stories wat jy sal onthou.

Reviews
There are no reviews yet.