Schönrad Stander

Schönrad Jordaan skryf onder haar nooiensvan ; Stander. Sy is ‘n afgetrede onderwyseres wat in die pragtige Tuinroete woon. Sy het haar liefde vir reis met skoolhou gekombineer in plekke soos die UAE, Iran en Taiwan. Haar belewenisse, wat sy getrou in ‘n reisjoernaal beskryf het, het gelei tot haar debuut digbundel, Granaat. Die kontreisanger, Clive Bruce het van haar gedigte getoonset wat op ‘n digitale platvorm beskikbaar is. Sy het ook twee romans geskryf; Tinka se reis na Parys en Swanevlug.
Schönrad het twee seuns, waarvan die oudste in Kuwait bly. Haar gedig, Banneling is ook in ‘n tydskrif gepubliseer.
Schönrad skryf haar liefde vir Afrikaans toe aan die feit dat sy so bevoorreg was om by bekende persone soos Lina Spies, JC Kannemeyer en Joan Hambidge aan die Universiteit van Stellenbosch, klas te kon kry.
Schönrad se lewensfilosofie is ‘n eggo van William Wordsworth se woorde: Fill your paper with the breathings of your heart.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Flenterkind

Price range: R89.00 through R209.00

Flenterkind is die verhaal van die tiener, Janey Lee Roux wat die prototipe is van baie van hedendaagse jongmense. Haar ouers is geskei; haar pa het ’n nuwe liefde, haar ma is meestal op ’n planeet van haar eie en haar jonger broer is eintlik ’n pyn op ’n sekere onnoembare plek.
Janey worstel om haarself te vind en sy is sommer kwaad vir alles en almal. Gelukkig het sy ’n baie goeie vriendin in Lindie; predikantsdogter wat ook haar grense troef so ver as wat sy kan. Flenterkind het ’n goeie skeut humor in. Asook drama, verrassings, hartseer en gelukkige eindes. Leesstof vir jonk en oud.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page