Flenterkind is die verhaal van die tiener, Janey Lee Roux wat die prototipe is van baie van hedendaagse jongmense. Haar ouers is geskei; haar pa het ’n nuwe liefde, haar ma is meestal op ’n planeet van haar eie en haar jonger broer is eintlik ’n pyn op ’n sekere onnoembare plek.
Janey worstel om haarself te vind en sy is sommer kwaad vir alles en almal. Gelukkig het sy ’n baie goeie vriendin in Lindie; predikantsdogter wat ook haar grense troef so ver as wat sy kan.
Maggie is ’n vaste rots in die Roux-kinders se lewe en die mooie Monique bewys haarself as ’n warm omgee-mens. Daar is ook ’n tikkie misterie; die Roux’s se bure wat jy nooit sien nie. ’n Uitdaging vir Janey wat met tipiese jeugdige waaghalsigheid laat besluit om ondersoek in te stel. Met onverwagse resultate.
Janey word egter groot; sy ontdek dat die lewe haar eintlik niks skuld nie en tydens die proses ontmoet sy interessante mense; sy leer nuwe dinge en meer belangrik; sy vind haarself.
Flenterkind het ’n goeie skeut humor in. Asook drama, verrassings, hartseer en gelukkige eindes. Leesstof vir jonk en oud.
Sterrevegters Boek 5 Die Derde Sterre Oorlog
Price range: R89.00 through R209.00Die heelal is weer op die rand van vernietiging. Die vreesaanjaende planeet Ude Ramazor het reeds twee planete tot stof laat vergaan — en Talbot is volgende. Maar hierdie keer het die ander stelsels teruggeveg: ’n maan word omskep in ’n massiewe aanvalswapen, gereed om Ramazor uit te wis. Te midde van hierdie epiese ruimte-oorlog staan Kilner Valkener, ’n leier verteer deur wraak, en Anleen Lindor, die vrou wat hom liefhet, maar ook die sleutel tot sy ondergang dra. Wanneer liefde en lojaliteit bots, moet Anleen ’n onmoontlike keuse maak — om Kilner te red, of om die heelal van sy tirannie te bevry.
Intussen groei ’n nuwe generasie van vegters op: Zuraida, Niam en Michal. Hulle drome, geheime en dade gaan die sterre se toekoms bepaal. Bloed, verraad, passie en hoop meng in hierdie vyfde aflewering van die Sterrevegters-reeks — ’n avontuur so intens dat jy tot die laaste bladsy sal klou. Is daar nog plek vir liefde tussen die sterre? Of sal wraak en oorlog alles verteer?

Reviews
There are no reviews yet.