Flenterkind is die verhaal van die tiener, Janey Lee Roux wat die prototipe is van baie van hedendaagse jongmense. Haar ouers is geskei; haar pa het ’n nuwe liefde, haar ma is meestal op ’n planeet van haar eie en haar jonger broer is eintlik ’n pyn op ’n sekere onnoembare plek.
Janey worstel om haarself te vind en sy is sommer kwaad vir alles en almal. Gelukkig het sy ’n baie goeie vriendin in Lindie; predikantsdogter wat ook haar grense troef so ver as wat sy kan.
Maggie is ’n vaste rots in die Roux-kinders se lewe en die mooie Monique bewys haarself as ’n warm omgee-mens. Daar is ook ’n tikkie misterie; die Roux’s se bure wat jy nooit sien nie. ’n Uitdaging vir Janey wat met tipiese jeugdige waaghalsigheid laat besluit om ondersoek in te stel. Met onverwagse resultate.
Janey word egter groot; sy ontdek dat die lewe haar eintlik niks skuld nie en tydens die proses ontmoet sy interessante mense; sy leer nuwe dinge en meer belangrik; sy vind haarself.
Flenterkind het ’n goeie skeut humor in. Asook drama, verrassings, hartseer en gelukkige eindes. Leesstof vir jonk en oud.
SPOOKeFFEK Boek 1
Price range: R99.00 through R219.00Wenner van die 2018 Maskew Miller Learning prys vir jeuglektuur.
Karel Dekker se lewe verander drasties nadat hy sy ouers en ’n been in ’n ongeluk verloor. In sy matriekjaar op Kangoberg ontdek hy ’n talent vir rekenaarspeletjies en programmeer die e!Kang’s, geïnspireer deur ’n groep skoolmaats. Wanneer hy per ongeluk sy oupa se kwantumprogram met sy speletjies kombineer, word die e!Kang’s lewend. Hierdie kragtige wesens begin misdaad beveg, maar raak gevaarlik. Karel en sy meisie Siti moet hulle keer – en so begin ’n avontuur vol spanning, wetenskap en bonatuurlike gebeure.

Reviews
There are no reviews yet.