Tania Erasmus

"ʼn Groot en baie dankbare dankie vir die bewaarheid van my drome asook vir die voortdurende ondersteuning. Sonder julle sou en dit nie bereik nie en julle ‘fuel’ my passie."

Tania Erasmus is 'n skrywer van Okahandja, 'n klein dorpie in Namibië, waar sy haar kreatiwiteit tussen geloof, gesin en werk balanseer. Sy het oor Namibië grootgeword en dié uiteenlopende agtergrond het haar 'n unieke perspektief op mense, stories en emosies gegee. Tania begin in Desember 2019 skryf en haar eerste boek, Soete Versoening, fokus op die herstel van ’n gebroke huwelik deur geloof. Sy skryf in ’n verskeidenheid genres — van realistiese verhale en fiksie tot gedigte en artikels — en laat haar stories dikwels natuurlik uit haar vloei sonder vooraf beplanning. Tussen haar werk as deeltydse haarkapster en eiendomsagent spandeer sy haar tyd aan haar kleuter dogtertjie, geliefdes en geloof. Sy put inspirasie uit haar eie lewe, die mense om haar en haar verhouding met God. Tania se droom is dat haar boeke hoop bring en lesers emosioneel én geestelik aanraak.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Soete Versoening

Price range: R69.00 through R189.00

In hierdie fiktiewe verhaal ry Alexa die lewe se op-en-af wipplank sodat ons minder alleen voel in ons eie realiteit van die lewe se gebeurtenisse. Sy gryp na haar geloof deur alles wat sy beleef: finansiële probleme, huweliksprobleme en selfs ʼn geliefde aan die dood afstaan. Sy kom leer ons van die herstel en heelmaak wat ons net by God kan vind – veral in huwelike en intimiteit. Mag hierdie geestelike roman vir volwassenes jou gemoed lig maak, jou laat voel ander verstaan, asook hoop gee in tye wat jy gedink het daar is geen hoop.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page