In hierdie fiktiewe verhaal ry Alexa die lewe se op-en-af wipplank sodat ons minder alleen voel in ons eie realiteit van die lewe se gebeurtenisse. Sy gryp na haar geloof deur alles wat sy beleef: finansiële probleme, huweliksprobleme en selfs ʼn geliefde aan die dood afstaan. Sy kom leer ons van die herstel en heelmaak wat ons net by God kan vind – veral in huwelike en intimiteit. Mag hierdie geestelike roman vir volwassenes jou gemoed lig maak, jou laat voel ander verstaan, asook hoop gee in tye wat jy gedink het daar is geen hoop.
Gulpflerrie en ander Seksstories
Price range: R79.00 through R229.00Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.
In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”

Reviews
There are no reviews yet.