Tanja Joubert

Tanja Joubert is in Nylstroom gebore en het reeds van kleins af ’n liefde vir stories en boeke ontwikkel. In graad 1 het sy Jakkals en Wolf gelees, en in graad 2 al op die mat in die voorportaal met Saartjie-boeke weggeraak. Haar lewenslange passie vir lees en haar aktiewe verbeelding het later in haar skryfwerk posgevat. Sedert 2013 begin sy haar idees neerskryf en ontdek sy die vreugde van kreatiewe skepping. Tanja glo dat skryf geen grense ken nie en dat enigiets moontlik is as ’n mens dit oortuigend kan uitdink en vertel.

Haar eerste boek, ’n liefdesverhaal, het sewe jaar geneem om te voltooi. Daarna publiseer sy binne nege maande drie boeke: twee tienerreekse en ’n roman oor die gevare van internetafsprake. Buiten fiksie skryf sy ook gedigte, joernale, finansiële artikels en handleidings. Hoewel sy in Rekeningkunde doseer het, lê haar hart by storievertel — die wêreld waarin sy die meeste tuis voel..

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wanneer kuber-liefde tuimel

R199.00

Dit klink soos ‘n sprokie: Alet, ‘n weduwee, en Bernhard, sjarmant en aantreklik, ontmoet oor die internet en raak smoorverlief op mekaar. Alhoewel Alet oop kaarte met Bernhard speel oor haar lewe en haar kinders, kan dieselfde nie van Bernhard gesê word nie.
Die droom spat aan skerwe wanneer Bernhard in ‘n koma beland en Alet tot haar verbystering agterkom dat hul verhouding op leuens gebou is. As sy geweet het van die dinge wat Bernhard vir haar weggesteek het, sou sy nooit in ‘n verhouding met hom betrokke geraak het nie.
Wat gaan Alet maak met die nuwe inligting? Sy kan nie vir Bernhard konfronteer nie want hy is steeds in ‘n koma. Maar sy maak ‘n ander plan…
‘n Verhaal oor die slaggate van internet-verhoudings.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bashoek Boek 5

Price range: R59.00 through R169.00

Nadat ‘n gesprek gehoor is in die kafee, van Jack van der Merwe wat op sy foon gepraat het en dit het geklink of hy die skool wil koop, het die kinders laat wonder. Hy het ‘n paar goed gesê wat nie lekker sin maak nie en het gepraat van ‘n dagboek wat uitmekaar val maar wat ‘n kaart in het wat nog duidelik is. En hy het gesê hy het ‘n kompas en gereedskap en dat die ander persoon moet sorg dat die geld reg is. Wie gebruik nou ‘n kaart en ‘n kompas as hy wil kyk of hy ‘n skool wil koop?Kom lees saam aan hierdie avontuur wat die Bashoekers lekker aan die raai het.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page