Bokdrol in die pad
R119.00Bokdrol in die pad is ’n versameling van gedigte wat oor die emosie en die lewe gaan. Daar is kabouterlesse en arend motiewe ingeskryf. Jy gaan lees van die rooimiersoldaat en hoe die bokdrol voel. Dis gebaseer op ’n warboel van emosie wat in ’n unieke styl boodskappies van die hart na die leser oordra. Elke gedig is ’n blik wat ek het op die lewe. Sorg dat jy soos die wingerdstok aan God vashou, dan hoef jy jou nie te vergryp aan onwaarskynlike pilare nie. Sien die mooi eerste raak, want daar is genoeg ander mense wat die sleg uitwys. Vergewe om jouself vry te maak en los die straf in God se hand. Hy is regverdig. Moenie toelaat dat ander mense wan jou gedagtewêreld ’n tronk maak nie, dis nie hul wat daar moet leef nie… Dis jy.
