Ons hoor so baie maar luister so min. Die woorde van Dawid Louw laat jou stilstaan vir ‘n oomblik en dink. Hoe waar is dit nie? Luister ons ooit as die melkweg fluister?
Bruilof op ‘n Sonneblom
R339.00Duet bundel met Margaret Bennett
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R239.00
Ons hoor so baie maar luister so min Die woorde van Dawid Louw laat jou stilstaan vir ‘n oomblik en dink. Hoe waar is dit nie? Luister ons ooit as die melkweg fluister?
Ons hoor so baie maar luister so min. Die woorde van Dawid Louw laat jou stilstaan vir ‘n oomblik en dink. Hoe waar is dit nie? Luister ons ooit as die melkweg fluister?
Duet bundel met Margaret Bennett
Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.
So met die tyd saam, het die idee van ‘n nuwe Groot Verseboek ontstaan. Ons Groot Meesters was die baanbrekers wat gelei het dat daar vandag meer en meer nuwe digters na vore kom. En ek glo dat hierdie verseboek die brug vorm tussen die Groot Meesters en vandag se digters wat ‘n ander vorm van poësie aan ons bring.
Hierdie is ‘n bundel wat spreek van 38 digters se uitkyk op die lewe, jeugjare, die besef van sterflikheid, speel met woorde, sosio-politiese kwessies, die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die self en die mens, en die impak en waarde wat woorde op die mens het. Mag die digkuns ewig voortleef in ons harte en deur ons pen.
Samesteller: Heleen Malherbe
Wordsworth noem die digkuns “die spontane oorloop van kragtige gevoelens” en ek moet saamstem, want in 2020 is die eerste Nuwe Era Groot Verseboek vrygestel en digters se woorde is verewig op papier.
Dit is 2022 en ek glo nog steeds dat hierdie verseboek die brug vorm tussen die Groot Meesters en vandag se digters wat ‘n ander vorm van poësie aan ons bring.In hierdie bundel is daar 61 digters se verse opgeneem wat ‘n groot mylpaal in die digterswêreld is en ons besef opnuut dat die digkuns die beitel van ons taal is.
Mag die digkuns altyd voortleef deur ons en in ons.
“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.
Stap Saam Deur 2021 – Bundel 2
Terwyl ek so deur die gedigte gaan kon ek nie help om spontaan aan Sonja Herholdt se liedjie Loop saam loop saam deur my lewe… te dink nie. En dit is presies wat ons doen deur saam te stap deur 2021. Ons beleef saam met elke digter die emosie en die woorde.
2021 was veronderstel om ons gesond-word-jaar te wees maar weereens was dit nie ons wil nie. Daar is altyd ʼn groter doel vir ons beskik. Ons trap diep spore in die digkuns-wêreld en ons los ons nalatenskap aan ons naaste asook ons taal. Maar ek glo nie enige van die mense sal ooit verstaan waarvandaan ons woorde kom nie. Hoe diep ons moet delf, beleef en selfs leef om die seer, die blydskap, vreugde en hartseer neer te skryf nie.
Mag hierdie stel bundels van 2021 jul herinneringe lewendig hou.
