Gewetenlose Jaloesie
Price range: R79.00 through R179.00’n Skielike telefoonoproep verander Annette Minnaar se perfekte lewe in ’n nagmerrie. Haar man, Dawid, en twee
onbekende kinders was in ’n verwoestende motorongeluk. Een kind en ’n vrou is dood. Nog ’n kind veg om sy lewe. Maar
die grootste skok wag nog: Niemand weet wie die vrou en kinders is nie — en waarom hulle saam met Dawid in sy motor
was. Wat begin as ’n tragiese ongeluk, ontaard gou in ’n ingewikkelde raaisel vol vrae, geheime en verdagte
omstandighede. Soos die ondersoek verdiep, begin ou wonde oopgaan en versteekte jaloesie, skuld en leuens kom na die
oppervlak. Intussen ontvang ’n pa verwoestende nuus: sy twee vermiste seuns is gevind — in dieselfde ongeluk.
