Alexander Clark

Alexander Clark is op 20 September 1941 aan die Wes-Rand gebore en het op die plaas Doringplaat grootgeword. Reeds op laerskool het hy belanggestel in skryfwerk. Hy het Staatsadministrasie en -regte aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy loopbaan het hom na die mynbedryf gelei, waar hy sleutelrolle vervul het, onder meer by die Departement van Mynwese, as Mynkommissaris in die Wes-Kaap, en as Minerale Attaché in Londen. Hy het wetgewing vir omgewingsbeskerming help ontwikkel. Ná aftrede het hy 'n sagtewareprogram vir jong mynwerkers ontwikkel. Hy stel belang in sport, die San-nasie, omgewingsbewaring en Afrikaanse jeugkultuur, en skryf avontuurliteratuur vir tieners om ’n tekort aan kwaliteit Afrikaanse leesstof aan te spreek.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Reisigers na Eergister

Price range: R99.00 through R199.00

Toe die Van Rensburg-gesin vir ’n rustige vakansie na Egipte vertrek, het hulle nooit kon droom dat hulle deur ’n
geheimsinnige tydgleuf na 2000 v.C. sou reis nie. Skielik bevind hulle hulself tussen Farao’s, konings en priesters –
in ’n wêreld waar magie en gevaar hand aan hand gaan. Wat begin as ’n familie-avontuur, verander in ’n stryd om
oorlewing én om die verlede self te verstaan. Wanneer die jong Zoë die lewe van die Farao red, verander die gesin se
lot onherroeplik. Maar tussen intriges, siektes en ’n vreemde profetiese kat, ontdek hulle dat hulle dalk met rede na
hierdie tyd gestuur is. Sal hulle hul pad terug na hul eie eeu vind – of bly hulle vasgevang in die raaisel van
eergister?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Geheim van die Kinders van die Maan

R169.00

“Geheim van die Kinders van die Maan” beskryf die avonture wat die Pretorius-gesin beleef na `n vliegtuigongeluk wat hulle weerloos in die diepe Kalahariwoestyn laat. Op hulle soeke na hulp vir hulle beseerde vader, word die twee Pretorius tieners deur die San gered en hulle ondervind die fassineerende lewenswyse en geheime van hierdie merkwaardige volk en die unieke wyse wat hulle met die natuur saamleef. Verder, beskryf die boek die opwindende gebeure en gevare wat die kinders moes trotseer, hoe hulle deur barbare ontvoer is, hoe hulle `n skatkamer ontdek het en ook hoe hulle op verrasende wyse ontsnap het en gered is. Die boek verskaf, deurgans, prikkelende, heilsame maar ook leersame leesstof wat beide ons jonger tiener seuns en dogters sal geniet.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page