“Geheim van die Kinders van die Maan” beskryf die avonture wat die Pretorius-gesin beleef na `n vliegtuigongeluk wat hulle weerloos in die diepe Kalahariwoestyn laat. Op hulle soeke na hulp vir hulle beseerde vader, word die twee Pretorius tieners deur die San gered en hulle ondervind die fassineerende lewenswyse en geheime van hierdie merkwaardige volk en die unieke wyse wat hulle met die natuur saamleef. Verder, beskryf die boek die opwindende gebeure en gevare wat die kinders moes trotseer, hoe hulle deur barbare ontvoer is, hoe hulle `n skatkamer ontdek het en ook hoe hulle op verrasende wyse ontsnap het en gered is. Die boek verskaf, deurgans, prikkelende, heilsame maar ook leersame leesstof wat beide ons jonger tiener seuns en dogters sal geniet.
Reisigers na Eergister
Price range: R99.00 through R199.00Toe die Van Rensburg-gesin vir ’n rustige vakansie na Egipte vertrek, het hulle nooit kon droom dat hulle deur ’n
geheimsinnige tydgleuf na 2000 v.C. sou reis nie. Skielik bevind hulle hulself tussen Farao’s, konings en priesters –
in ’n wêreld waar magie en gevaar hand aan hand gaan. Wat begin as ’n familie-avontuur, verander in ’n stryd om
oorlewing én om die verlede self te verstaan. Wanneer die jong Zoë die lewe van die Farao red, verander die gesin se
lot onherroeplik. Maar tussen intriges, siektes en ’n vreemde profetiese kat, ontdek hulle dat hulle dalk met rede na
hierdie tyd gestuur is. Sal hulle hul pad terug na hul eie eeu vind – of bly hulle vasgevang in die raaisel van
eergister?
