Toe die Van Rensburg-gesin vir ’n rustige vakansie na Egipte vertrek, het hulle nooit kon droom dat hulle deur ’n
geheimsinnige tydgleuf na 2000 v.C. sou reis nie. Skielik bevind hulle hulself tussen Farao’s, konings en priesters –
in ’n wêreld waar magie en gevaar hand aan hand gaan. Wat begin as ’n familie-avontuur, verander in ’n stryd om
oorlewing én om die verlede self te verstaan. Wanneer die jong Zoë die lewe van die Farao red, verander die gesin se
lot onherroeplik. Maar tussen intriges, siektes en ’n vreemde profetiese kat, ontdek hulle dat hulle dalk met rede na
hierdie tyd gestuur is. Sal hulle hul pad terug na hul eie eeu vind – of bly hulle vasgevang in die raaisel van
eergister? Ouer tieners sal die storie en styl fassinerend vind maar die boek bevat genoeg intrigue, misterie, diepte
en insig om ook avontuurlustige volwasse lesers te boei.
Geheim van die Kinders van die Maan (Oudio Boek)
R129.00“Geheim van die Kinders van die Maan” beskryf die avonture wat die Pretorius-gesin beleef na `n vliegtuigongeluk wat hulle weerloos in die diepe Kalahariwoestyn laat.

Reviews
There are no reviews yet.