Chris Jansen

Chris Jansen is deel van die Malherbe Uitgewers-familie, waar sy stem bydra tot ’n diverse en groeiende versameling van Afrikaanse letterkunde.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verspeelde Liefde

Price range: R69.00 through R179.00

Adriaan Swart het sy hart vir liefde gesluit ná ‘n verbrokkelde huwelik. Sy susters se volgehoue pogings om hom weer aan ‘n vrou voor te stel, laat hom koud—totdat Sonja Els onverwags in sy lewe verskyn. Sy sprankelende geaardheid en passie vir perderedding maak dat sy stadigaan sy hart se beskermingsmure begin afbreek. Maar Adriaan sukkel steeds om te vertrou, veral met Steven Brink, die selfversekerde perdeterapie-spesialis, wat skynbaar ook in Sonja belangstel.Terselfdertyd word Denise Ekron, ’n ou vriendin, weer in sy lewe ingesleep—maar sy dra haar eie geheime en seer. Terwyl Facebook-boodskappe en toevallige ontmoetings al hoe persoonliker raak, word Adriaan gedwing om sy eie vrese en verlange in die oë te kyk. Kan hy die liefde nog ‘n kans gee, of sal sy vrese sy tweede kans op geluk verspeel?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Pelgrim op reis deur die woud van die lewe

R149.00

Die titel vang my oog en dit laat my wonder… Is ons nie elkeen maar ’n pelgrim op reis deur die woud van ons lewe nie? Ons beleef soveel seisoene en emosionele reise elke dag. In hierdie bundel stap jy saam met Chris Jansen deur sy lewe.
‘n Pelgrim op reis kan verdwaal maar kom altyd weer tuis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartedief

Price range: R39.00 through R139.00

Johan Steyn het sy speurwerk deeglik gedoen. Karen Steenkamp, het beslis ’n misdaad gepleeg. Sy het sy hart gesteel. Sy kollegas het nie verniet die naam Bulldog aan hom toegedig nie, waar hy byt laat los hy nie maklik nie, en vir haar, gaan hy beslis nie laat wegkom nie!
Maar haar gewese verloofde, ’n narsis, het ’n belofte aan haar gemaak dat indien hy haar nie kan kry nie, sal geen ander man haar kry nie. Die belofte doen hy dan ook gestand.
Gaan Karen se kopbesering haar permanent blind laat? Wie is die romanskrywer wat onder die skuilnaam A&P skryf waaroor sy ma so liries raak?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page