Adriaan Swart het sy hart vir liefde gesluit ná ‘n verbrokkelde huwelik. Sy suster se volgehoue pogings om hom weer aan ‘n vrou voor te stel, laat hom koud—totdat Sonja Els onverwags in sy lewe verskyn. Sy sprankelende geaardheid en passie vir perderedding maak dat sy stadigaan sy hart se beskermingsmure begin afbreek. Maar Adriaan sukkel steeds om te vertrou, veral met Steven Brink, die selfversekerde perdeterapie-spesialis, wat skynbaar ook in Sonja belangstel.Terselfdertyd word Denise Ekron, ’n ou vriendin, weer in sy lewe ingesleep—maar sy dra haar eie geheime en seer. Terwyl Facebook-boodskappe en toevallige ontmoetings al hoe persoonliker raak, word Adriaan gedwing om sy eie vrese en verlange in die oë te kyk. Kan hy die liefde nog ‘n kans gee, of sal sy vrese sy tweede kans op geluk verspeel?
Pelgrim op reis deur die woud van die lewe
R149.00Die titel vang my oog en dit laat my wonder… Is ons nie elkeen maar ’n pelgrim op reis deur die woud van ons lewe nie? Ons beleef soveel seisoene en emosionele reise elke dag. In hierdie bundel stap jy saam met Chris Jansen deur sy lewe.
‘n Pelgrim op reis kan verdwaal maar kom altyd weer tuis.

Reviews
There are no reviews yet.