Johan Steyn het sy speurwerk deeglik gedoen. Karen Steenkamp, het beslis ’n misdaad gepleeg. Sy het sy hart gesteel. Sy kollegas het nie verniet die naam Bulldog aan hom toegedig nie, waar hy byt laat los hy nie maklik nie, en vir haar, gaan hy beslis nie laat wegkom nie!
Maar haar gewese verloofde, ’n narsis, het ’n belofte aan haar gemaak dat indien hy haar nie kan kry nie, sal geen ander man haar kry nie. Die belofte doen hy dan ook gestand. Hy is ook betrokke by mensehandel en korrupsie, daarom is Speurder-sersant Johan Smith, die nuwe liefde van Karen, ’n doring in sy vlees.
Gaan Karen se kopbesering haar permanent blind laat? Wie is die romanskrywer wat onder die skuilnaam A&P skryf waaroor sy ma so liries raak?
Verspeelde Liefde
Price range: R69.00 through R179.00Adriaan Swart het sy hart vir liefde gesluit ná ‘n verbrokkelde huwelik. Sy susters se volgehoue pogings om hom weer aan ‘n vrou voor te stel, laat hom koud—totdat Sonja Els onverwags in sy lewe verskyn. Sy sprankelende geaardheid en passie vir perderedding maak dat sy stadigaan sy hart se beskermingsmure begin afbreek. Maar Adriaan sukkel steeds om te vertrou, veral met Steven Brink, die selfversekerde perdeterapie-spesialis, wat skynbaar ook in Sonja belangstel.Terselfdertyd word Denise Ekron, ’n ou vriendin, weer in sy lewe ingesleep—maar sy dra haar eie geheime en seer. Terwyl Facebook-boodskappe en toevallige ontmoetings al hoe persoonliker raak, word Adriaan gedwing om sy eie vrese en verlange in die oë te kyk. Kan hy die liefde nog ‘n kans gee, of sal sy vrese sy tweede kans op geluk verspeel?

Reviews
There are no reviews yet.