Dawie Louw

Dawie Louw is in die ou Transvaal gebore en getoë. Hy woon daarna oral oor, selfs in vêr plekke soos die Kaap en Duitsland, maar sy gunsteling plekke bly die bosveld, die Karoo en die woestyn.

Hy studeer by Tukkies en doen daarna baie dinge: wiskundeonderwyser, weermagoffisier, IT-konsultant, projekbestuurder, sakeman, ontwerper van meubels en skryf.

Baie van sy kortverhale verskyn in nasionale tydskrifte en drie van sy boeke word gepubliseer: eMajuba en die Medusa-Kode deur Naledi. Sy derde boek, die Spookeffek, word in 2018 met die MML prys vir jeuglektuur bekroon en word tans deur Malherbe Uitgewers gepubliseer.

As iemand vra hoekom hy skryf, is die antwoord eenvoudig: “Skryf is lekker, want jou pen gaan oral en jy gaan saam.”

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

SPOOKeFFEK Boek 3

Price range: R99.00 through R229.00

Wenner van die 2018 Maskew Miller Learning prys vir jeuglektuur.
In hierdie derde boek van die gewilde SPOOKeFFEK-reeks, is Karel angsbevange, erger as ooit tevore. Hy word gedwing om die gevolge van sy eie skeppings in die gesig te staar. Want, hy het nou beheer oor alles verloor. Vyand Kraken het oorgeneem, met skrikwekkende gevolge. Om te dink alles het só onskuldig met Boesman rotskuns begin. Rotstekeninge van skadelose wesens wat hy, Karel, as speletjies op sy rekenaar geplaas het.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

SPOOKeFFEK Boek 2

Price range: R99.00 through R229.00

Wenner van die 2018 Maskew Miller Learning prys vir jeuglektuur.

Al ooit gehoor van vreemde wesens wat uit ’n rekenaar oor die internet ontsnap? En ongekende chaos in die werklikheid veroorsaak? Die Spookeffek-tiener-reeks, neem jou op so ‘n skrikwekkende avontuur, waar die grense tussen die digitale en die werklike wêreld vervaag. Karel Dekker, ‘n talentvolle jong rekenaarspeletjie-ontwerper, skep die e!Kang’s – ’n groep van
ses mistieke wesens gebaseer op Boesmantekeninge. Spanning, aksie en ’n goeie skeut wetenskapfiksie sorg vir ’n meesleurende storie wat jou sal laat wonder: is daar iets méér aan ou legendes as net mites?
Byvoorbeeld: hoe lank weet mense soos die Khoisan reeds van iets soortgelyks
aan die kuberruim?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

SPOOKeFFEK Boek 1

Price range: R99.00 through R219.00

Wenner van die 2018 Maskew Miller Learning prys vir jeuglektuur.

Karel Dekker se lewe verander drasties nadat hy sy ouers en ’n been in ’n ongeluk verloor. In sy matriekjaar op Kangoberg ontdek hy ’n talent vir rekenaarspeletjies en programmeer die e!Kang’s, geïnspireer deur ’n groep skoolmaats. Wanneer hy per ongeluk sy oupa se kwantumprogram met sy speletjies kombineer, word die e!Kang’s lewend. Hierdie kragtige wesens begin misdaad beveg, maar raak gevaarlik. Karel en sy meisie Siti moet hulle keer – en so begin ’n avontuur vol spanning, wetenskap en bonatuurlike gebeure.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page