Al ooit gehoor van vreemde wesens wat uit ’n rekenaar oor die internet ontsnap? En ongekende chaos in die werklikheid veroorsaak? Die Spookeffek-tiener-reeks, neem jou op so ‘n skrikwekkende avontuur, waar die grense tussen die digitale en die werklike wêreld vervaag. Karel Dekker, ‘n talentvolle jong rekenaarspeletjie-ontwerper, skep die e!Kang’s – ’n groep van
ses mistieke wesens gebaseer op Boesmantekeninge. Maar ’n fout in die kwantum-rekenaarprojek bring hulle tot lewe in die werklikheid – as genadelose jagters op ’n missie teen misdadigers. Terwyl Karel poog om die e!Kangs terug na die digitale ryk te teleporteer, kruis sy pad met gevaarlike vyande, insluitend die sinistere Topo, wat nou die geheimsinnige tPort-program in sy besit kan kry. Met tPort is dit wen of verloor, eenvoudig soos dit. In ’n jaagtog wat hom na die Kaap en tot diep in die
Richtersveld neem, moet Karel en sy vriendin, Siti, en niggie Zelda, die laaste e!Kang’s opspoor voor dit te laat is.
Spanning, aksie en ’n goeie skeut wetenskapfiksie sorg vir ’n meesleurende storie wat jou sal laat wonder: is daar iets méér aan ou legendes as net mites? Byvoorbeeld: hoe lank weet mense soos die Khoisan reeds van iets soortgelyks
aan die kuberruim?
SPOOKeFFEK Boek 3
Price range: R99.00 through R229.00Wenner van die 2018 Maskew Miller Learning prys vir jeuglektuur.
In hierdie derde boek van die gewilde SPOOKeFFEK-reeks, is Karel angsbevange, erger as ooit tevore. Hy word gedwing om die gevolge van sy eie skeppings in die gesig te staar. Want, hy het nou beheer oor alles verloor. Vyand Kraken het oorgeneem, met skrikwekkende gevolge. Om te dink alles het só onskuldig met Boesman rotskuns begin. Rotstekeninge van skadelose wesens wat hy, Karel, as speletjies op sy rekenaar geplaas het.

Reviews
There are no reviews yet.