Wenner van die 2018 Maskew Miller Learning prys vir jeuglektuur.
In hierdie derde boek van die gewilde SPOOKeFFEK-reeks, is Karel angsbevange, erger as ooit tevore. Hy word gedwing om die gevolge van sy eie skeppings in die gesig te staar. Want, hy het nou beheer oor alles verloor. Vyand Kraken het oorgeneem, met skrikwekkende gevolge. Om te dink alles het só onskuldig met Boesman rotskuns begin. Rotstekeninge van skadelose wesens wat hy, Karel, as speletjies op sy rekenaar geplaas het.
Terwyl Karel se meisie, Siti, ontvoer word deur ’n sindikaat wat kinders smokkel, probeer hy saam met sy vriend kaptein Trompie Bopape en niggie Zelda, om Siti op te spoor en die bose Kraken-netwerk tot ’n val bring.
Van die Richtersveld se Wondergat tot in Noorweë se fjorde, ontvou ’n adrenalienbelaaide stryd teen ’n organisasie wat die donkerste uithoeke van die internet beheer. En in die donker skadu’s van die Rooisee, wag e!Kraken – ’n gemuteerde inkvis soos geen ander.
Vol avontuur, mitologie, tegnologie en spanning, is Die Slag van Kraken ’n onweerstaanbare leeservaring vir jong volwassenes én fantasie-liefhebbers van alle ouderdomme.
SPOOKeFFEK Boek 2
Price range: R99.00 through R229.00Wenner van die 2018 Maskew Miller Learning prys vir jeuglektuur.
Al ooit gehoor van vreemde wesens wat uit ’n rekenaar oor die internet ontsnap? En ongekende chaos in die werklikheid veroorsaak? Die Spookeffek-tiener-reeks, neem jou op so ‘n skrikwekkende avontuur, waar die grense tussen die digitale en die werklike wêreld vervaag. Karel Dekker, ‘n talentvolle jong rekenaarspeletjie-ontwerper, skep die e!Kang’s – ’n groep van
ses mistieke wesens gebaseer op Boesmantekeninge. Spanning, aksie en ’n goeie skeut wetenskapfiksie sorg vir ’n meesleurende storie wat jou sal laat wonder: is daar iets méér aan ou legendes as net mites?
Byvoorbeeld: hoe lank weet mense soos die Khoisan reeds van iets soortgelyks
aan die kuberruim?

Reviews
There are no reviews yet.