Dirk van Zyl

Dirk van Zyl is gebore in Noordoewer; destydse Suidwes-Afrika. (Namibië) Hulle het na Tsumeb verhuis, waar hy sy skoolloopbaan begin het. Sy ouers het baie getrek, en hy was in 7 verskillende skole, is 6 dorpe. Hy het van kleins af gesing, en was 4 jr. toe hy drie note op die kitaar gedruk het. Later het hy liedjies geskryf, maar vir homself gehou, en gesing. Hy het altyd woorde gesoek wat rym, en oor sy lewe rympies probeer skryf.

In die skool was die enigste boeke tot sy beskikking, die biblioteek, verder het hy geen opleiding in letterkunde ontvang nie. Nadat hy die skool verlaat het, het hy musiek gemaak, geteken en geskilder. Van sy werk is in oorsese lande, ook hier in Namibië, en die R.S.A.. Hy het ook vir bekende kunstenaars kitaar gespeel. 2019 is sy eerste digbundel:Hartsgedagtes, gepubliseer deur Malmerbe Uitgewers, waarvoor hy n sertifikaat en n trofee ontvang het.
2024 word die tweede bundel publiseer; "Hoe paaie draai" Hy werk nou aan n boek oor sy eie lewe.

Author's books

Hoe Paaie Draai

R239.00

Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.