R239.00

Hoe Paaie Draai

Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.

978-1-99145-560-4 190 2024-11-28 Afrikaans

Meet The Author

Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.
Hier deel ons sy ’n stukkie van sy gedig Die Nuwe Herder en dit is ’n situasie wat daagliks ondervind word.Die pad lê soos ’n dooie slang teen die berg,kronkelend tussen plante en rotse na die kruin.Dit vertoon, en dan is dit weg,tot waar dit in die niet verdwyn.
Aalwyne pryk hoog om hul kroon te vertoonen blomme lok die nektardrinkers byeen.Stadig drywende wolke loer skelm oor die kim,ver onder is die voëls met vryheid geseën.
Daar’s geen dronk volstruis, of ’n besope troupand,geen mossie slinger by die drinkplek rond.Geen dronkgestry onder die kwartels,of flougedrinkte fisante op die grond.
Geen tortelduif en spreeu wat baklei oor drank,of halfdronk pou wat op toonbanke dans.Geen voosgesuipte bokmakierie,wat wals met ’n besope gans.

Book Type

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hoe Paaie Draai”