Elizabeth Kendall

Elizabeth Kendall is 'n voormalige onderwyseres wat ná haar aftrede in 2009 haar kreatiewe vlerke gesprei het. Sy is 'n digter, skrywer en kunstenaar wat haar inspirasie put uit dekades se lewenservaring, 'n liefde vir mense en haar diep geloof. Haar werk – waaronder Huppel op die Hoogland, Deurleefde Dekades en Stories uit my skooltas word gekenmerk deur warmte, wysheid en 'n fyn sin vir humor.

Sy deel gereeld haar gedigte en stories op haar Facebook-blad “Verse en Vrolikhede.'Haar kunswerke kan gesien word op “Elizabeth Kendall Art”op facebook asook op haar webblad: artbyelizabethkendall.com
As spreker en voorleser bring sy haar woorde lewendig na gehore. Elizabeth is 'n trotse ma en ouma, en glo vas dat haar talente geskenke is om uit te leef en te deel.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tussen Lyne

Price range: R89.00 through R209.00

Hierdie bundel is nie net ’n versameling gedigte nie — dis ’n reis deur die digter se hart, haar kleure, haar lyne. Van kindwees tot nou, van droom tot werklikheid, van hartseer tot hoop. Elke bladsy vertel ’n storie — party in woorde, party in beelde. Dié bundel is ’n kreatiewe versmelting van kuns en poësie, met stukkies van die skrywer self tussenin: haar vrae, haar geloof, haar menswees.
Tussen Lyne is elegant en veelduidig. Dit wek die gevoel dat daar meer is as wat op die oppervlak gesien of gelees word. Die gedigte is rou en reguit, party vol beeldspraak en simboliek – maar altyd eg.
Of jy self al tussen lyne moes leef, of net wil hoor hoe dit daar klink, gaan jy in hierdie bundel iets vind wat met jou praat. Dis vir elkeen wat al gewonder het, gesoek het, geglo het – of net ’n mooi vers of beeld wil ontdek.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stories uit my skooltas

Price range: R99.00 through R149.00

Mag my woorde en herinneringe vreugde bring en tot inspirasie lei.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Deurleefde dekades

Price range: R119.00 through R239.00

Die verse en rubrieke in hierdie bundel saamgevat is geskryf tydens ons saamweestye en ná my man, Chris, se dood. Ons liefde vir mekaar, die natuur en ons daaglikse lewe word hierin weergegee.
Anderdag praat ek en ‘n vriendin oor mans. ‘n Man moet mens veilig laat voel stem ons altwee saam. As jy nie veilig voel nie, kan jy maar los. Veilig omdat jy weet hy sal saans seker maak al die deure is gesluit. Veilig omdat hy dié dinge onthou wat jy vergeet. Veilig omdat jy weet sy doen is beter as sy sê. Hy praat nie baie nie, hy doen baie. Hy kyk dat daar gereeld ‘n heerlike bottel Fenjal vir my in die badkamer is, hy koop hondekos as die sak begin leeg raak. Hy weet wat in die wêreld aangaan. Mens kan hom na enige plek toe vat, hy sal weet wat om vir wie te sê en ook wanneer hy net niks moet sê nie. Dis wat so lekker is van hom. Mens kan hom vertrou met jou lewe, jou buie en jou drome.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page