Die verse en rubrieke in hierdie bundel saamgevat is geskryf tydens ons saamweestye en ná my man, Chris, se dood. Ons liefde vir mekaar, die natuur en ons daaglikse lewe word hierin weergegee.
Anderdag praat ek en ‘n vriendin oor mans. ‘n Man moet mens veilig laat voel stem ons altwee saam. As jy nie veilig voel nie, kan jy maar los. Veilig omdat jy weet hy sal saans seker maak al die deure is gesluit. Veilig omdat hy dié dinge onthou wat jy vergeet. Veilig omdat jy weet sy doen is beter as sy sê. Hy praat nie baie nie, hy doen baie. Hy kyk dat daar gereeld ‘n heerlike bottel Fenjal vir my in die badkamer is, hy koop hondekos as die sak begin leeg raak. Hy weet wat in die wêreld aangaan. Mens kan hom na enige plek toe vat, hy sal weet wat om vir wie te sê en ook wanneer hy net niks moet sê nie. Dis wat so lekker is van hom. Mens kan hom vertrou met jou lewe, jou buie en jou drome.
Tussen Lyne
Price range: R89.00 through R209.00Hierdie bundel is nie net ’n versameling gedigte nie — dis ’n reis deur die digter se hart, haar kleure, haar lyne. Van kindwees tot nou, van droom tot werklikheid, van hartseer tot hoop. Elke bladsy vertel ’n storie — party in woorde, party in beelde. Dié bundel is ’n kreatiewe versmelting van kuns en poësie, met stukkies van die skrywer self tussenin: haar vrae, haar geloof, haar menswees.
Tussen Lyne is elegant en veelduidig. Dit wek die gevoel dat daar meer is as wat op die oppervlak gesien of gelees word. Die gedigte is rou en reguit, party vol beeldspraak en simboliek – maar altyd eg.
Of jy self al tussen lyne moes leef, of net wil hoor hoe dit daar klink, gaan jy in hierdie bundel iets vind wat met jou praat. Dis vir elkeen wat al gewonder het, gesoek het, geglo het – of net ’n mooi vers of beeld wil ontdek.

Reviews
There are no reviews yet.