In 1969 begin ek as twintigjarige juffrou skoolhou in Barberton. Toe Pa die brief van die Onderwysdepartement lees, spring sy o vol trane. So v r! My ou doggie gaan nou ver weg! Ver was toe vandag se naby.
Ek het in die koshuis gebly en R45 per maand losies betaal. My eerste salaris was n volle R115. n Mens kon jou losies daarmee betaal en vir die res van die maand in weelde lewe. My ouers het op daardie stadium n algemene handelaarwinkel bedryf en het gereeld Johannesburg toe gegaan waar hulle by die groothandelaars voorrade kon koop. Ek en my Ma kon ons klere ook so koop. My ouers het die rekening betaal. n Heerlike voorreg.
Ek het twee jaar op Barberton skoolgehou, een-en-twintig geword en gedink ek het al die wysheid van die w reld in pag. My eerste Gr. Een klas was wonderlik. Al die daaropvolgende klasse ook. Ek het my werk vir jare baie geniet. Mag my woorde en herinneringe vreugde bring en tot inspirasie lei.
Tussen Lyne
Price range: R89.00 through R209.00Hierdie bundel is nie net ’n versameling gedigte nie — dis ’n reis deur die digter se hart, haar kleure, haar lyne. Van kindwees tot nou, van droom tot werklikheid, van hartseer tot hoop. Elke bladsy vertel ’n storie — party in woorde, party in beelde. Dié bundel is ’n kreatiewe versmelting van kuns en poësie, met stukkies van die skrywer self tussenin: haar vrae, haar geloof, haar menswees.
Tussen Lyne is elegant en veelduidig. Dit wek die gevoel dat daar meer is as wat op die oppervlak gesien of gelees word. Die gedigte is rou en reguit, party vol beeldspraak en simboliek – maar altyd eg.
Of jy self al tussen lyne moes leef, of net wil hoor hoe dit daar klink, gaan jy in hierdie bundel iets vind wat met jou praat. Dis vir elkeen wat al gewonder het, gesoek het, geglo het – of net ’n mooi vers of beeld wil ontdek.

Reviews
There are no reviews yet.