Heleen Bruwer

"“Ek sal eers ophou skryf wanneer perde horings kry.” — Heleen Bruwer"

Heleen Bruwer is ‘n trotse Vrystater, maar woon al 22 jaar in Kathu, Noord-Kaap.
Sy is gelukkig getroud met haar lewensmaat en beste vriend, Paul.
Hulle het twee kinders en ‘n huis vol honde — nat neuse bring vir haar vreugde.
Haar liefde vir lees en skryf het ontstaan danksy haar oud-onderwyser, mnr. Dawie Mattee.
Sy het ‘n meestersgraad in berading en werk daagliks met mense se pyn en stukkend wees.
Skryf help haar om dié emosionele las te verwerk en haar balans te behou.
Dis haar oorlewingsmeganisme wanneer die lewe swaar druk.
Skryf is vir haar ‘n noodsaak, nie ‘n stokperdjie nie.
Heleen verkies pen en papier bo vals geselskap.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Phanina

Price range: R79.00 through R119.00

In Phanina neem Heleen Bruwer jou op ‘n onthou pad van kleintyd deur mielielande tot waar jy kan sit en dink oor die keuses wat jy gemaak het in jou lewe. Hierdie bundel is nie net ’n leeservaring nie, maar ’n ontmoeting – met jouself, met God en met die stille krag van woorde wat genees. Haar grootste wil en wens is dat hierdie bundel jou hart sal aanraak en jou gees omvou word met die liefde wat vir almal vrylik beskikbaar is.  Die keuse bly steeds joune.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kruk kruik

Price range: R59.00 through R119.00

Kruk Kruik is ’n diep deernisvolle reis deur die menslike gees — ’n bundel gedigte wat met eerlikheid, rou emosie en geestelike insig die wonde en wondere van lewe ondersoek. Heleen Bruwer skryf oor pyn, verlies, geloof, en die pad na genesing met ’n eerlike sagtheid wat elke leser aanraak. Haar woorde is krukke vir die gebrokenes, kruike vol genade vir dié wat smag na vrede. Hierdie bundel herinner jou daaraan dat gebed, vergifnis en liefde die fondamente van ware heelwording is. Deur elke vers weerklink ’n stem van hoop — dat selfs in gebrokenheid, daar skoonheid en betekenis skuil.Kruk Kruik nooi jou om stadig te lees, te voel en te onthou: jy is nooit alleen in jou reis nie

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ligdraer van Hart

Price range: R69.00 through R129.00

In Ligdraer van Hart neem Heleen Bruwer jou op n reis deur die menslike siel n versameling gedigte wat hunker na liefde, vrede en selfontdekking. Deur die rou eerlikheid van verlange, die sagtheid van hoop en die krag van geloof, weef die digter n tapisserie van emosie en insig. Hierdie bundel is vir elkeen wat smag na woorde wat troos, n stem vir die ongehoorde en n ligdraer in donker tye. Laat hierdie gedigte jou siel omvou en jou hart aanraak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ou liefde roes nie

Price range: R39.00 through R139.00

Die lewe het vir Mari lelike kurwes gegooi. Sy besluit om na al die ongelukkige jare in die stad, terug te keer na haar plattelandse tuisdorp, waar sy hoop sy weer vrede sal vind. Maar haar planne om ‘n stil lewe te lei, word omvergegooi wanneer Japie Basson, haar ou skoolliefde, onverwags by haar voordeur opdaag. Dieselfde Japie wat haar hart as jong meisie, in seweduisend stukkies gebreek het.
Die soet kom saam met die bitter toe sy besef dat sy na alles, steeds lief is vir hierdie man!. Hulle spandeer ’n aand saam, en soos die noodlot dit bepaal, sy raak swanger. Nie net met een baba nie, maar drie!
Wat volg is ’n verhaal vol nostalgie, humor en emosie. Die storie ontvou met onthullings oor die verlede en dinge wat nie altyd volgens plan verloop nie. Gaan Japie haar bystaan met die swangerskap en deel word van Mari en die drieling se lewens, of gaan hy die pad vat en wéér haar hart breek?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ligvoets

Price range: R69.00 through R119.00

In ‘n wêreld van emosies en delikate wisselwerkinge, bied hierdie bundel ‘n ontroerende blik op liefde, verlies en die selfontdekking wat tussenin lê. Deur poëtiese woorde en sterk beelde, word die leser uitgenooi om stil te staan by die skoonheid in breekbaarheid en die krag van geloof en hoop, selfs wanneer die lewe sy donkerste draaie neem.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Suutjies sit

Price range: R69.00 through R129.00

My wens vir elke leser is eenvoudig:
Maak vir jouself ‘n lekker beker tee of koffie, as jy ‘n vrou is, sit rooi smeergoed aan jou lippe, trek jou “high heels” aan al bly jy in jou Pepstores pajamas. Sit sag en diep en mag jy vernuwe voel as jy die boek neer sit.
As jy mans genoeg is om die boek te vat en te lees, pik maar ‘n traan, jy gaan nie smelt, my wens vir almal is dat jou grense van denke verbreed word en mag jou uitkyk oor lewe in geheel verhelder en mag jy weet wyl jy sag en suutjies sit, God bly nimmereindigend lief vir jou!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page