Die lewe het vir Mari lelike kurwes gegooi. Sy besluit om na al die ongelukkige jare in die stad, terug te keer na haar plattelandse tuisdorp, waar sy hoop sy weer vrede sal vind. Maar haar planne om ‘n stil lewe te lei, word omvergegooi wanneer Japie Basson, haar ou skoolliefde, onverwags by haar voordeur opdaag. Dieselfde Japie wat haar hart as jong meisie, in seweduisend stukkies gebreek het.
Die soet kom saam met die bitter toe sy besef dat sy na alles, steeds lief is vir hierdie man!. Hulle spandeer ’n aand saam, en soos die noodlot dit bepaal, sy raak swanger. Nie net met een baba nie, maar drie!
Wat volg is ’n verhaal vol nostalgie, humor en emosie. Die storie ontvou met onthullings oor die verlede en dinge wat nie altyd volgens plan verloop nie. Gaan Japie haar bystaan met die swangerskap en deel word van Mari en die drieling se lewens, of gaan hy die pad vat en wéér haar hart breek?
Kruis kroon
Price range: R79.00 through R129.00Hierdie digbundel neem jou op ‘n intieme reis deur verlies, geloof en selfontdekking. Met pragtige, eerlike verse word die soeke na liefde, sin en Goddelike aanvaarding onthul – ‘n boodskap van hoop vir elkeen wat deur seisoene van stilte en swaarkry reis.

Reviews
There are no reviews yet.