Hennie du Toit

Skrywer

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Gewetenlose Jaloesie

Price range: R79.00 through R209.00

’n Skielike telefoonoproep verander Annette Minnaar se perfekte lewe in ’n nagmerrie. Haar man, Dawid, en twee
onbekende kinders was in ’n verwoestende motorongeluk. Een kind en ’n vrou is dood. Nog ’n kind veg om sy lewe. Maar
die grootste skok wag nog: Niemand weet wie die vrou en kinders is nie — en waarom hulle saam met Dawid in sy motor
was. Wat begin as ’n tragiese ongeluk, ontaard gou in ’n ingewikkelde raaisel vol vrae, geheime en verdagte
omstandighede. Soos die ondersoek verdiep, begin ou wonde oopgaan en versteekte jaloesie, skuld en leuens kom na die
oppervlak. Intussen ontvang ’n pa verwoestende nuus: sy twee vermiste seuns is gevind — in dieselfde ongeluk.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Avonture van Katlina

Price range: R59.00 through R159.00

Maak gereed om saam met Katlina die wêreld van die buitengewone te betree

In hierdie unieke versameling van 14 kortverhale volg ons die avonture van Katlina n pikswart kat met geheime vermoëns en ‘n hart vol wysheid. Saam met haar jong metgesel, Klaas, betree hulle n wêreld vol raaisels, vriendskappe, boelies, geheime grotte en selfs ‘n begraafplaas met ‘n diep verborgen waarheid. Katlina is nie sommer net ‘n troeteldier nie sy kan spel, tel, tik en selfs die diepste emosies aanvoel. Elke storie neem jong lesers op n reis van ontdekking, empatie en die mag van onwaarskynlike vriendskap.

Hierdie boek is ideaal vir kinders n jongmense wat hou van avontuur, misterie en karakters wat die hart aanraak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Spoke van die verlede

Price range: R79.00 through R199.00

Ná ’n ongewilde loopbaanverandering begin Piet Malherbe die CUPS-gemeenskapsprojek om straatlopers te help. Hier ontmoet hy Jan Flenters, en hul lewens raak onverwags vervleg. Piet probeer Jan se lewe verbeter, maar sukkel met sy eie innerlike seer en stukkende familieverhoudings. Wanneer hy uiteindelik van Jan afstand doen, begin sy eie pynlike verlede hom inhaal. Hierdie is ’n roerende verhaal van struikel en groei, genesing en menslikheid — ’n verhaal waarin baie lesers hulself sal herken.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page