Na jare in die onderwys, neem Piet Malherbe se lewe ‘n ongevraagde wending en omstandighede dwing hom om te bedank en met sy eie onderneming te begin. Hy word die stigter en organiseerder van die CUPS gemeenskapsprojek waar ‘n menige straatlopers daagliks van die nodige lewensmiddele en kos voorsien word. Een van hierdie straatlopers is Jan Flenters. Op ‘n baie besondere wyse en deur die sameloop van baie omstandighede raak Piet Malherbe en Jan Flenters se lewens in mekaar vervleg. Piet hou aan om Jan se lewe positief te probeer be nvloed en wanneer dit lyk asof Jan al sy pogings in sy gesig teruggooi, bly Piet volhardend en passievol betrokke. Aan die een kant is die rede vir sy passie dalk ‘n kompensasie vir die leemtes wat hy in sy eie familieverhoudings beleef, en aan die ander kant is dit dalk opgekropte skuldgevoelens uit die verlede wat aan hom knaag. Wanneer hy die punt bereik waar hy finaal bande met Jan breek, begin sy eie geraamtes uit die kas te tuimel.
Dit is die begin van sy eie verhaal van innerlike genesing, genesing van die seer en die pyn wat hy al baie jare lank soos ‘n kanker met hom saamgedra het.
Piet Malherbe se verhaal is ‘n verhaal van val en opstaan, van hoogtepunte en laagtepunte, ‘n verhaal wat die meeste van ons ken en waarmee ons kan identifiseer. En Piet se verhaal is ook in ‘n groot mate ons elkeen se verhaal.
Gewetenlose Jaloesie
Price range: R79.00 through R209.00’n Skielike telefoonoproep verander Annette Minnaar se perfekte lewe in ’n nagmerrie. Haar man, Dawid, en twee
onbekende kinders was in ’n verwoestende motorongeluk. Een kind en ’n vrou is dood. Nog ’n kind veg om sy lewe. Maar
die grootste skok wag nog: Niemand weet wie die vrou en kinders is nie — en waarom hulle saam met Dawid in sy motor
was. Wat begin as ’n tragiese ongeluk, ontaard gou in ’n ingewikkelde raaisel vol vrae, geheime en verdagte
omstandighede. Soos die ondersoek verdiep, begin ou wonde oopgaan en versteekte jaloesie, skuld en leuens kom na die
oppervlak. Intussen ontvang ’n pa verwoestende nuus: sy twee vermiste seuns is gevind — in dieselfde ongeluk.

Reviews
There are no reviews yet.