Johanita Viljoen

Johanita Viljoen, oorspronklik van Fouriesburg in die Vrystaat, het haar skoolloopbaan in Bethlehem voltooi, waar sy van jongs af ’n liefde vir musiek en skryf ontwikkel het. Sy het klavier, orrel en trekklavier geleer speel, en was aktief betrokke by haar plaaslike gemeente, waar haar passie vir voordrag en sang tot uiting gekom het.

Na ’n tyd van afdwaling het sy haar lewe weer aan Christus toegewy en in 1990 is sy getroud met haar lewensmaat en hartsvriend, Eben. Haar kreatiewe reis is weer aangewakker na sy ’n kursus in kreatiewe skryfkuns voltooi het, wat gelei het tot die vrystelling van verskeie musiek-CD’s, waaronder Victory (1994) en ’n kinder-CD in 2000, met oorspronklike liedjies wat by skole en ouetehuise opgevoer is.

Johanita is die digter van verskeie bundels, waaronder Hartspalmpies by Waterstroompies (Deel 1 en 2), By die Oewer, Reënboog Lantern en hul Engelse eweknieë. Haar werk is gepubliseer deur Malherbe Uitgewers en ook beskikbaar op Draft2Digital. Sy werk tans aan nuwe digbundels, Emmersvol en Brimming Buckets, asook ’n reeks oorspronklike liedjies.

Deur haar woorde en musiek strewe Johanita daarna om hoop en geloof te bring – op ’n manier wat God verheerlik en mense bemoedig.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Brimming Buckets

Price range: R99.00 through R179.00

Brimming Buckets is a heartfelt collection of inspirational Christian poetry that invites readers on a refreshing spiritual journey. Through gentle verses and vivid imagery, Johanita Viljoen beautifully reflects on faith, hope, love, nature, and the overlooked blessings of everyday life.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Emmersvol

Price range: R89.00 through R159.00

Emmersvol is ’n digbundel wat die leser nooi om stil te staan by die klein en groot oomblikke van die lewe – die
vreugdes, die verlange, die vrae en die geloof. Johanita Viljoen skep beelde vol kleur, geure en emosie wat jou
herinner aan die skoonheid van die natuur, die warmte van liefde en die krag van hoop. Met gedigte wat wissel van ligte
verwondering tot diep geestelike insig, bied die bundel ’n oorvloed van troos en inspirasie. ’n Waarlik hartvolle
versameling – ’n emmer vol woorde wat oorloop van geloof, liefde en lewe.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

River-Side Under a Rainbow Lantern

Price range: R129.00 through R229.00

So come, take a journey, let your spirit take flight, in the world of these verses, find your joy and delight!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Little Heart Palms by stream sides

Price range: R99.00 through R189.00

An anthology of Poetry by Johanita Viljoen
Alphabet letters, a line, and a rhyme, dance on my tongue, what a joyous chime! Sometimes with paper and pen far away, amidst pleasant conversations, thoughts still stay.
How can I resist smiling and writing, when certain incidents, memories igniting? Come to rest in my mind, vivid and clear, so much to play with, it brings great cheer! Even in a modest line, there’s delight, to think and write, it’s a beautiful sight.
Each day, I feel blessed and so grateful, to be part of many special souls, delightful.
Thank you for being a part of it all, your presence, dear reader, stands very tall!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Reënboog Lantern

Price range: R99.00 through R139.00

Met die nader sleep van die notaboekie val my oog op die skaduwee van ‘n groot boom. En ek merk hoe rustig ‘n klein voëltjie, ongesteurd, saadjies en wurmpies oppik en die skadukol ten volle benut.
Dit kom by my op dat die Here die skaduwee aan ons regterhand is. Dat Sy Liefde die Groot ‘koelteboom’ is waaronder ons kan voortgaan…of ons saadjies of wurmpies optel en of ons net klein bietjie rus… Hy bied daardie stilte, kalmte en koelte aan, sodat ons, soos die voëltjie, kan ontspan. Sy alomteenwoordigheid sal altyd by ons bly as ons kies om in Sy koelte te rus.
My begeerte is dat ons altyd soekend sal wees na die onverganklike goedheid en getrouheid van die Heer en dat die kleurvolle Reënboog van Sy Genade altyd vir ons ‘n nuwe Belofte in sal hou!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

By die oewer

Price range: R99.00 through R179.00

Liewe leser,
Dit is só ‘n voorreg om my gedagtes vir jou neer te lê. Baie dankie dat jy moeite doen om hier te lees. Jy, die leser van hierdie gedigte, is baie kosbaar!
Neem die boek as jy saam met my wil droom en net lekker ontspan. En wanneer jy die Bybelse gediggies lees, gaan saam met my na jare, onbekend vir meeste van ons, maar tog so dieselfde op ‘n meer moderne manier. Baie van die Bybelse verhale is vergete en hiermee probeer ek dit weer bietjie nader bring.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartspalmpies by waterstroompies 2

Price range: R99.00 through R149.00

In hierdie opvolg bundel bring sy ‘n bundel gedigte vir kleintjies, jongmense en self vir die grootmense. En in haar gedig Gekleurde Mandjie, vergelyk sy die lewe met ‘n gekleurde mandjie: Die aardse spieël bring voorwaar ‘n mooie prentjie mee…Dis ‘n pragtige mandjie, gekleurd, gevleg en met presisie geweefDit is wat die beeld vertel van skoonheid, en hoe jy leef…Tog daar agter is daar meer wat skuilWeggebêre in die dieptes van die hart en wie kan die waarde peil?Want waarteen word die inhoud gemeet?Soos die mandjie netjies gevleg met beskermende pik as kleed,-só vertoon die uiterlike, – skoon en altyd waardig Trots!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartspalmpies by waterstroompies 1

Price range: R99.00 through R149.00

Hiér skryf ek dít wat ek voel, dit wat ek sien en hoor, dit wat saakmaak …dit wat ek beleef… in Afrikaans; ons mooi moedertaal!
Daar is soveel opwinding in die lewe!Tog ook bittere seer. Soveel eensaamheid,soveel bekommernis, soveel gebeure wat jou letterlik na jou asem laat snak! Elke dag voel ek ryklik geseënd om deel te wees van soveel spesiale lewens-reisigers opmy lewenspad.Baie dankie dat jy deel is daarvan!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page