Met die nader sleep van die notaboekie val my oog op die skaduwee van ‘n groot boom. En ek merk hoe rustig ‘n klein voëltjie, ongesteurd, saadjies en wurmpies oppik en die skadukol ten volle benut.
Dit kom by my op dat die Here die skaduwee aan ons regterhand is. Dat Sy Liefde die Groot ‘koelteboom’ is waaronder ons kan voortgaan…of ons saadjies of wurmpies optel en of ons net klein bietjie rus… Hy bied daardie stilte, kalmte en koelte aan, sodat ons, soos die voëltjie, kan ontspan. Sy alomteenwoordigheid sal altyd by ons bly as ons kies om in Sy koelte te rus.
My begeerte is dat ons altyd soekend sal wees na die onverganklike goedheid en getrouheid van die Heer en dat die kleurvolle Reënboog van Sy Genade altyd vir ons ‘n nuwe Belofte in sal hou!
Emmersvol
Price range: R89.00 through R159.00Emmersvol is ’n digbundel wat die leser nooi om stil te staan by die klein en groot oomblikke van die lewe – die
vreugdes, die verlange, die vrae en die geloof. Johanita Viljoen skep beelde vol kleur, geure en emosie wat jou
herinner aan die skoonheid van die natuur, die warmte van liefde en die krag van hoop. Met gedigte wat wissel van ligte
verwondering tot diep geestelike insig, bied die bundel ’n oorvloed van troos en inspirasie. ’n Waarlik hartvolle
versameling – ’n emmer vol woorde wat oorloop van geloof, liefde en lewe.

Reviews
There are no reviews yet.